Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 103

Herders — Gawes in mense

Herders — Gawes in mense

(Efesiërs 4:8)

  1. 1. Gawes in mense het God voorsien,

    herders om ons te lei.

    Hul moet vir ons as voorbeelde dien

    om op Gods weg te bly.

    (REFREIN)

    God gee ons herders om ons te help,

    manne getrou en lojaal.

    Hul toon besorgdheid oor elke skaap.

    Hul is vir ons spesiaal.

  2. 2. Sorgsame herders gee vir ons om;

    sagkens wys hul die weg.

    As ons sou seerkry, sal hulle kom —

    bied hulle hulp opreg.

    (REFREIN)

    God gee ons herders om ons te help,

    manne getrou en lojaal.

    Hul toon besorgdheid oor elke skaap.

    Hul is vir ons spesiaal.

  3. 3. Raad gee hul uit Jehovah se Woord

    dat ons nooit af sal dwaal.

    Met hulle hulp gaan ons altyd voort,

    sal ons sukses behaal.

    (REFREIN)

    God gee ons herders om ons te help,

    manne getrou en lojaal.

    Hul toon besorgdheid oor elke skaap.

    Hul is vir ons spesiaal.