Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 111

Ons redes tot vreugde

Ons redes tot vreugde

(Matteus 5:12)

  1. 1. Ons het baie redes tot vreugde,

    ons sien God se seën elke dag.

    Uit nasies en stamme en tale

    kom kosbare mense vandag.

    Ons blydskap is nie oppervlakkig,

    Gods Woord is die rede daarvoor.

    Ons leer elke dag van die waarheid;

    geloof volg op dit wat ons hoor.

    Ons vreugde is altyd teenwoordig;

    dit brand soos ’n vuur in ons hart.

    Al word ons beproef deur ontberings,

    met God se krag kan ons volhard.

    (REFREIN)

    Jehovah ons God is ons vreug,

    die werk van sy hand ons genot.

    Hoe diep sy gedagtes, magtig sy weë,

    hoe groot is die goedheid van God!

  2. 2. Jehovah se werke verstom ons,

    die hemel, die see en die land.

    Ons kyk na die boek van die skepping,

    en juig oor die werk van sy hand.

    Met trots lewer ons nou getui’nis

    van Christus, wat nou al regeer.

    Die nuus van die komende stelsel

    vertel ons die heel wêreld deur.

    Ons ewige vreugde kom nader,

    soos daglig wat volg op die nag.

    Ja, Gods nuwe hemel en aarde

    is wat ons met vreugde verwag.

    (REFREIN)

    Jehovah ons God is ons vreug,

    die werk van sy hand ons genot.

    Hoe diep sy gedagtes, magtig sy weë,

    hoe groot is die goedheid van God!