Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 128

Volhard tot die einde toe

Volhard tot die einde toe

(Matteus 24:13)

  1. 1. Wat God ons in sy Woord beloof

    en wat geloof help bou,

    het ons leer ken en liefgekry;

    ons weet ons kan dit vertrou.

    Standvastig en met sterk geloof

    hou ons God se dag voor oë.

    As toetse jou geloof beproef,

    volhard dan met krag van bo.

  2. 2. Bewaar jou eerste liefde tog;

    want jy kan dit verloor.

    Selfs as beproewings oor jou kom,

    moet jy nie bang wees daarvoor.

    Voor watter toets jy ook al staan,

    moenie twyfel, moenie vrees.

    Jehovah sal die uitkoms bied;

    ons God sal ons skuiling wees.

  3. 3. Dié wat tot aan die end volhard,

    sal redding dan verkry.

    Hul name staan in God se boek,

    vir ewig kan dit daar bly.

    Volharding moet jou strewe wees;

    dit sal jou volkome maak.

    So sal jy God se hart verbly

    en self ware vreugde smaak.