Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 147

Die belofte van ewige lewe

Die belofte van ewige lewe

(Psalm 37:29)

  1. 1. Lewe volmaak en vir ewig,

    vrede wat oral floreer —

    seëninge skenk God vrygewig

    aan dié wat hom vereer.

    (REFREIN)

    Die ewige lewe

    is waarna ons strewe.

    Gods Woord is betroubaar.

    Dit word altyd waar.

  2. 2. Almal geniet nou bevryding,

    niks sal die rus kan bederf.

    Onder Jehovah se leiding

    sal ons vrede beërf.

    (REFREIN)

    Die ewige lewe

    is waarna ons strewe.

    Gods Woord is betroubaar.

    Dit word altyd waar.

  3. 3. Lewe wag ook op die dooies;

    weg is ons hartseer en pyn.

    God gee ons alles wat mooi is;

    laat ook trane verdwyn.

    (REFREIN)

    Die ewige lewe

    is waarna ons strewe.

    Gods Woord is betroubaar.

    Dit word altyd waar.