Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 26

Julle het dit vir my gedoen

Julle het dit vir my gedoen

(Matteus 25:34-40)

  1. 1. Christus Jesus se broers word getrou ondersteun

    deur die skape wat hulp aan hul bly verleen.

    Vir die liefde wat hul aan

    gesalfdes betoon,

    sal Jesus hul binnekort ryklik beloon.

    (REFREIN)

    “Julle hulp aan my broers was hulp ook aan my.

    Jul vertroosting van hul was troos ook vir my.

    Jul arbeid vir hul was ook arbeid vir my.

    Jul hulp aan my broers was hulp ook aan my.

    Julle dade vir hul was dade vir my.”

  2. 2. “Ek was honger en dors, jul het aan my voorsien,

    oral waar julle kon, gehelp en gedien.”

    “Here, wanneer het ons dit

    gedoen?” wil hul weet.

    Die Koning het dan hierdie antwoord gereed:

    (REFREIN)

    “Julle hulp aan my broers was hulp ook aan my.

    Jul vertroosting van hul was troos ook vir my.

    Jul arbeid vir hul was ook arbeid vir my.

    Jul hulp aan my broers was hulp ook aan my.

    Julle dade vir hul was dade vir my.”

  3. 3. “Jul was altyd lojaal en was altyd gereed;

    sy aan sy met my broers het julle gepreek.”

    Hy sal dan vir hul sê

    hoe hy hul sal beloon:

    “Vir ewig sal jul op die aarde kan woon.”

    (REFREIN)

    “Julle hulp aan my broers was hulp ook aan my.

    Jul vertroosting van hul was troos ook vir my.

    Jul arbeid vir hul was ook arbeid vir my.

    Jul hulp aan my broers was hulp ook aan my.

    Julle dade vir hul was dade vir my.”

(Sien ook Spr. 19:17; Matt. 10:40-42; 2 Tim. 1:16, 17.)