Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 58

Op soek na vriende van vrede

Op soek na vriende van vrede

(Lukas 10:6)

  1. 1. Jesus beveel ons: ‘Preek die wêreld oor.’

    In somerson, in stof en wind

    het hy sy ywer nooit verloor.

    Hy het Gods skape baie liefgehad;

    hy’t hul gesoek en bly preek

    van baie vroeg tot laat.

    Van deur tot deur en ook op straat

    wil ons met alle mense praat

    en sê dat lyding binnekort sal verdwyn.

    (REFREIN)

    Ons is op soek —

    ons wil elk’ vriend van vrede inbring.

    Ons is op soek

    na harte wat nou smag na redding.

    Ons hou aan soek

    in elke land.

  2. 2. Ons werk is dringend, want die tyd is kort.

    Ons doen ons bes en span ons in

    selfs as net een gered kan word.

    Ons wil uit liefde daar vir mense wees,

    hul weer hoop gee, en gebroke

    harte help genees.

    Elk’ stad en dorp soek ons dus deur,

    en wanneer iemand meer wil leer,

    ervaar ons vreugde; daarom sal ons volhard.

    (REFREIN)

    Ons is op soek —

    ons wil elk’ vriend van vrede inbring.

    Ons is op soek

    na harte wat nou smag na redding.

    Ons hou aan soek

    in elke land.