Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 6

Die hemele maak God se heerlikheid bekend

Die hemele maak God se heerlikheid bekend

(Psalm 19)

  1. 1. Die hemel toon die grootheid van Jehovah.

    Die hemelruim vertel

    van sy groot heerlikheid.

    En elke dag bring aan hom lof en eer.

    Die sterreprag vertoon sy mag,

    sy ware majesteit.

  2. 2. Gods wet is so volmaak, ja, lewegewend.

    En sy herin’rings rig

    die treë van jonk en oud.

    Wat hy besluit, is regverdig en waar.

    Sy woord is goed, soos heuning soet,

    dis beter as fyn goud.

  3. 3. Die vrees van God is suiwer, bly vir ewig.

    En sy gebod is rein,

    dit laat die oë straal.

    Ja, sy bevel is betroubaar en reg.

    Ons God se faam en sy groot naam

    verkondig ons lojaal.