Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 63

Ons is Jehovah se Getuies!

Ons is Jehovah se Getuies!

(Jesaja 43:10-​12)

  1. 1. Mense kniel voor hout en steen,

    maar ken nie die ware Een.

    Hy is God, almagtig;

    wie kan stry daarteen?

    Ander gode kan nie sê

    wat nog in die toekoms lê,

    en op getuies kan hul nie steun,

    want hulle godheid is ’n leuen!

    (REFREIN)

    Ons sal steeds Getuies wees

    van Jehovah, sonder vrees.

    Hy is die God wat waar profeteer;

    als wat hy sê, sal gebeur.

  2. 2. Trots dra ons ons God se naam,

    nooit sal ons ons daarvoor skaam.

    Preek oor sy regering,

    oor sy roem en faam.

    Ons hou aan die nuus versprei:

    God se waarheid maak mens vry.

    Mense sal vind, namate hul leer,

    dat hul wil saamsing tot Gods eer.

    (REFREIN)

    Ons sal steeds Getuies wees

    van Jehovah, sonder vrees.

    Hy is die God wat waar profeteer;

    als wat hy sê, sal gebeur.

  3. 3. Ons getuig tot lof van God

    en verskaf hom groot genot.

    En ons waarsku sondaars

    wat sy naam bespot.

    Dit help mense om te sien

    hoe hul God opreg kan dien.

    Ons dien heelhartig met al ons mag

    en weet dat lewe op ons wag.

    (REFREIN)

    Ons sal steeds Getuies wees

    van Jehovah, sonder vrees.

    Hy is die God wat waar profeteer;

    als wat hy sê, sal gebeur.