Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 70

Soek dié wat dit waardig is

Soek dié wat dit waardig is

(Matteus 10:11-​15)

  1. 1. Die predikingswerk doen ons soos Jesus sê,

    ons weet wat sy riglyne is:

    ‘Gaan soek na persone wat dors na Gods Woord,

    van hul geest’lik behoefte bewus.

    Eers groet jy die huismense vriend’lik, opreg,

    want so toon jy aan hulle respek.

    Maar as hul jou wegwys, jou boodskap verwerp,

    skud die stof van jou voet en vertrek.’

  2. 2. ‘Wie julle ontvang, hul ontvang ook vir my’,

    so het Jesus Christus gesê.

    Hul regte gesindheid lei hul op die weg

    dat hul ewige lewe kan hê.

    Moet jul nie bekommer oor wat jul gaan sê,

    want Jehovah sal julle dit leer.

    Jul vriend’like woorde sal ned’riges trek dat hul

    ook God Jehovah sal eer.