Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 78

‘Leer God se Woord aan ander’

‘Leer God se Woord aan ander’

(Handelinge 18:11)

  1. 1. Dié wat Gods Woord aan ander leer,

    vind vreugde in dié werk.

    Die seëninge wat ons ontvang,

    is werklik onbeperk.

    Soos Christus sal ons liefdevol,

    geduldig altyd wees.

    Want ons wil mense help dat hulle

    God liefkry en hom vrees.

  2. 2. As onderrigters wil ons let

    op hoe ons ons gedra.

    Ons voorbeeld moet vir ander wys

    ons doen wat God ons vra.

    Ons vind ook skatte in Gods Woord

    terwyl ons dit studeer.

    En ons wil ander help om dit ook

    soos ons te kan waardeer.

  3. 3. Jehovah God rus ons ook toe

    om goed te onderrig.

    Gebed is ook noodsaaklik om

    die werk te kan verrig.

    Ja, ons is lief vir God se Woord

    en wat ons daarin lees.

    En binnekort sal dié wat luister

    ook onderrigters wees!