Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 8

Jehovah is ons toevlug

Jehovah is ons toevlug

(Psalm 91)

  1. 1. Jehovah is ons toevlug;

    op hom kan ons vertrou.

    Sy skadu is ons skuilplek;

    hy sal ons veilig hou.

    Want hy bewaar ons elke dag;

    voortdurend hou hy oor ons wag.

    Jehovah is ons toevlug;

    oor opregtes waak hy getrou.

  2. 2. Ons sien dalk duisend struikel,

    tienduisend aan ons sy.

    Maar God sal sy lojales

    beskerm en hul lei.

    Ons hoef dus nooit gevaar te vrees;

    daar sal vir ons ’n uitweg wees.

    Ja, onder God se vlerke,

    sal ons altyd skuiling kan vind.

  3. 3. Jehovah bied beskerming

    teen strikke op ons pad,

    teen pyle van die vyand,

    gevare in die nag.

    Geen plaag of ramp hoef ons te vrees,

    daar’s niks waarvoor ons bang moet wees.

    Jehovah is ons toevlug,

    ons kan altyd op hom vertrou.