Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 85

Verwelkom mekaar

Verwelkom mekaar

(Romeine 15:7)

  1. 1. Welkom aan almal hier byeen vandag

    om saam te leer wat ons God verwag.

    Waarheid en lewe streef ons almal na.

    Met dankbaarheid vervul, doen ons graag wat God vra.

  2. 2. Dank God vir broers wat altyd goed bedoel,

    wat ons wil help en laat welkom voel.

    Aan sulke manne gee ons dubb’le eer.

    Verwelkom ook mekaar; dit is wat God begeer.

  3. 3. Ons sal Gods boodskap oraloor versprei;

    opregtes moet lewenswater kry.

    God trek ons nader; ons is aan sy sy.

    Verwelkom dus mekaar om Gods seën te verkry.