Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 90

Bemoedig mekaar

Bemoedig mekaar

(Hebreërs 10:24, 25)

  1. 1. Vandag moet ons mekaar bemoedig,

    dan sal ons God getrou bly dien.

    Dit lei tot liefde en tot eenheid

    soos ons by God se knegte sien.

    Opregte, broederlike liefde

    gee krag en moed om voort te gaan.

    Ons word versterk in die gemeente,

    ’n ware toevlug bied dit aan.

  2. 2. Hoe aangenaam is goeie woorde

    gespreek net op die regte tyd!

    Die troos en hulp van ware vriende

    verlig ons pyn of treurigheid.

    Terwyl ons met ons broers bly saamwerk,

    verleen ons hulp nog voor hul vra.

    Want dit vervul die wet van Christus

    as ons mekaar se laste dra.

  3. 3. Namate ons Gods dag sien nader,

    moet ons voortdurend seker maak

    dat ons nie ons vergad’rings nalaat

    of God se goeie weg verlaat.

    Verenig met ons broers en susters,

    wil ons Jehovah altyd dien.

    Laat ons mekaar dus bly bemoedig,

    dan sal ons saam die lewe sien.