Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 94

Dankbaar vir God se Woord

Dankbaar vir God se Woord

(Filippense 2:16)

  1. 1. Jehovah, ons Vader, ons wil vir u sê

    hoe dankbaar ons is om u Woord te kan hê!

    Want dit is so betroubaar,

    deur u geïnspireer.

    Die lig daarvan help ons om waarheid te leer.

  2. 2. U Woord het groot krag en help ons onderskei

    of ons nog heelhartig by u weë bly.

    U wette is so duid’lik,

    u oordeel altyd reg.

    U gee ons beginsels op ons lewensweg.

  3. 3. U Woord, o Jehovah, is vir ons bedoel.

    Die skrywers was mense, wat voel soos ons voel.

    Ons wil graag sterk geloof toon

    as ons u woorde hoor.

    U Woord is so kosbaar, ons dank u daarvoor!