Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Hoogste temperature op rekord wêreldwyd – Wat sê die Bybel?

Hoogste temperature op rekord wêreldwyd – Wat sê die Bybel?

 Gedurende Julie 2022 is die hoogste temperature op rekord wêreldwyd gerapporteer:

  •   Vir die tweede keer hierdie maand waarsku amptenare in China mense dat dit in byna 70 stede baie warm sal wees. – 25 Julie 2022, CNN Wire Service.

  •   “Verskriklike bosbrande versprei regoor Europa terwyl ’n hittegolf die temperatuur baie laat styg.” – 17 Julie 2022, The Guardian.

  •   “Op Sondag het baie stede in die Verenigde State hoër temperature as ooit tevore gehad terwyl ’n somer-hittegolf regoor die Ooskus en dele van die Suide en Midde-Weste versprei het.” – 24 Julie 2022, The New York Times.

 Wat beteken dit alles? Sal dit uiteindelik onmoontlik word om op die aarde te lewe? Wat sê die Bybel?

Het die Bybel voorspel dat daar hittegolwe sou wees?

 Ja. Hittegolwe regoor die wêreld stem ooreen met die dinge wat die Bybel vir ons tyd voorspel het. Byvoorbeeld, Jesus het voorspel dat ons “skrikwekkende dinge” sou sien (Lukas 21:11). Stygende temperature wêreldwyd het veroorsaak dat baie mense bang is dat die mensdom die aarde sal vernietig.

Sal dit onmoontlik word om op die aarde te lewe?

 Nee. God het die aarde geskep om ’n plek te wees waar die mens vir ewig kon lewe (Psalm 115:16; Prediker 1:4). Hy sal nie toelaat dat mense die aarde vernietig nie. Hy sal eerder “die vernietigers van die aarde . . . vernietig”, soos hy belowe het. – Openbaring 11:18.

 Kyk na net twee profesieë wat wys wat God belowe het om vir die aarde te doen:

  •   “Die wildernis en die dorre land sal juig, en die woestyn sal vreugdevol en vol blomme wees” (Jesaja 35:1). God sal nie toelaat dat die aarde ’n woestyn word waar niks kan lewe nie. Hy sal eerder die dele van die aarde herstel wat beskadig is.

  •   “U sorg vir die aarde, en u maak dit baie vrugbaar en ryk” (Psalm 65:9). Met God se seën sal die aarde ’n paradys word.

 Om meer uit te vind oor hoe klimaatsverandering Bybelprofesieë vervul, lees die artikel “Klimaatsverandering en ons toekoms – Wat die Bybel sê”.

 Om meer uit te vind oor die Bybel se belofte dat die aarde se omgewing herstel sal word, lees die artikel “Wie sal die aarde red?