Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die springspinnekop se wasige sig

Die springspinnekop se wasige sig

DIE springspinnekop het ’n spesiale visuele stelsel wat hom in staat stel om die presiese afstand te bereken wat hy moet spring. Hoe doen die spinnekop dit?

Dink hieraan: Om vas te stel hoe ver hy van ’n voorwerp af is, maak die springspinnekop gebruik van ’n unieke kenmerk van sy twee hoofoë, wat elkeen ’n retina het wat uit etlike lae bestaan. Een van die twee lae wat sensitief is vir groen lig, ontvang die beeld in skerp fokus, terwyl die ander een dit as ’n wasige beeld waarneem. Hoe wasiger die beeld in hierdie laag lyk, hoe nader is die voorwerp aan die spinnekop se oog. Hierdie eenvoudige feit stel die spinnekop in staat om die presiese afstand te bereken wat hy moet spring om sy prooi te vang.

Navorsers hoop dat die springspinnekop se tegniek hulle sal help om 3-D-kameras en selfs robotte te ontwerp wat die afstand tot by ’n voorwerp kan meet. Volgens die aanlyn nuuswebwerf ScienceNOW is die springspinnekop se sig “’n opwindende voorbeeld van hoe diertjies wat ’n halwe sentimeter lank is en ’n brein het wat kleiner is as dié van huisvlieë, steeds daarin slaag om komplekse visuele inligting te versamel en daarop te reageer”.

Wat dink jy? Het die springspinnekop se vermoë om wasige sig te gebruik, deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?