Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die inkvis se vermoë om van kleur te verander

Die inkvis se vermoë om van kleur te verander

INKVISSE kan van kleur verander en hulleself kamoefleer sodat hulle amper onsigbaar is vir die menslike oog. Een verslag toon dat inkvisse hulle velkleur en -tekstuur binne sekondes volgens ’n wye verskeidenheid patrone kan verander. Hoe kry inkvisse dit reg?

Dink hieraan: Die inkvis verander van kleur deur gebruik te maak van chromatofore, of pigmentselle, spesiale selle onder sy vel. Chromatofore bevat sakkies vol pigment wat omring is deur klein spiertjies. Wanneer die inkvis homself moet kamoefleer, stuur sy brein ’n sein na die spiertjies rondom die sakkies om hulle te laat saamtrek. Dan swel die sakkies waarin die pigment is, wat veroorsaak dat die inkvis se vel vinnig van kleur en patroon verander. Die inkvis kan hierdie vermoë gebruik, nie net om homself te kamoefleer nie, maar ook om ’n potensiële maat te vind en dalk selfs om te kommunikeer.

Ingenieurs by die Universiteit van Bristol, Engeland, het ’n kunsmatige inkvisvel ontwerp. Hulle het swart rubberskyfies tussen klein apparate geplaas wat soos die spiere van die inkvis werk. Toe die navorsers elektrisiteit deur die vel gestuur het, het die apparate die swart skyfies platgedruk en vergroot, wat veroorsaak het dat die kunsmatige vel donkerder geword het en van kleur verander het.

Navorsing oor die inkvis se spiere kan gebruik word om kledingstukke te maak wat in ’n fraksie van ’n sekonde van kleur kan verander. Volgens die ingenieur Jonathan Rossiter sal kledingstukke wat deur die inkvis geïnspireer is, moontlik as kamoeflering gedra word—of net vir die mode.

Wat dink jy? Het die inkvis se vermoë om van kleur te verander deur evolusie ontstaan, of is dit ontwerp?