Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wys liefde

Wys liefde

Die probleem

Gevoelens van diskriminasie gaan nie gou weg nie. Net soos dit tyd en moeite vat om ontslae te raak van ’n virus, neem dit tyd en moeite om ontslae te raak van diskriminasie. Wat kan jy doen om van die diskriminasie binne jou ontslae te raak?

Bybelwaarheid

“Julle [moet] liefde betoon, want dit is ’n volmaakte band van eenheid.” – KOLOSSENSE 3:14.

Wat beteken dit? Om liefdevolle dinge vir ander te doen, bring mense nader aan mekaar. Hoe meer liefde jy aan ander wys, hoe minder sal jy diskrimineer. Hoe meer liefde jy voel, hoe minder plek is daar in jou hart vir haat of negatiewe gevoelens.

Wat jy kan doen

Dink aan spesifieke maniere hoe jy liefde kan wys vir mense wat van ’n groep is wat jy dalk negatief beskou het. Dit kan klein dinge ook insluit. Probeer om een of meer van die volgende te doen:

Elke klein daad van liefde help jou om minder te diskrimineer

  • Wys dat jy goeie maniere het teenoor mense van daardie groep deur die deur vir hulle oop te hou of deur jou sitplek vir hulle te gee op openbare vervoer.

  • Probeer om ’n eenvoudige gesprek te begin, selfs al kan hulle nie jou taal vlot praat nie.

  • Wees geduldig as hulle dinge doen wat jy nie verstaan nie.

  • Wys meegevoel as hulle oor hulle probleme praat.