Spring na inhoud

Is God ’n Drie-eenheid?

Is God ’n Drie-eenheid?

Die Bybel se antwoord

 Baie Christelike kerke leer dat God ’n Drie-eenheid is. Maar let op wat die Encyclopædia Britannica sê: “Nie die woord Drie-eenheid of die uitdruklike leerstelling kom in die Nuwe Testament voor nie . . . Die leerstelling het geleidelik oor etlike eeue heen en deur middel van talle geskille ontstaan.”

 Trouens, die God van die Bybel word nooit as deel van ’n Drie-eenheid beskryf nie. Let op hierdie Skrifgedeeltes:

 “Jehovah ons God is een Jehovah.”—Deuteronomium 6:4.

 “U, wie se naam Jehovah is, u alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.”—Psalm 83:18.

 “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.

 “God is net één.”—Galasiërs 3:20.

 Waarom sê die meeste Christelike kerke dat God ’n Drie-eenheid is?