Spring na inhoud

Is die Bybel ’n verslag van God se gedagtes?

Is die Bybel ’n verslag van God se gedagtes?

Die Bybel se antwoord

 Baie Bybelskrywers sê dat God hulle gerig het om sekere dinge neer te skryf. Let op hierdie voorbeelde:

  •  Koning Dawid: “Die gees van Jehovah het deur my gespreek, en sy woord was op my tong.”—2 Samuel 23:1, 2.

  •  Die profeet Jesaja: “Só het die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, gesê.”—Jesaja 22:15.

  •  Die apostel Johannes: “’n Openbaring deur Jesus Christus, wat God hom gegee het.”—Openbaring 1:1.