Spring na inhoud

Moet ons beelde aanbid?

Moet ons beelde aanbid?

Die Bybel se antwoord

 Nee, ons moenie. Aangaande die wette wat God aan die nasie Israel gegee het, sê die New Catholic Encyclopedia: “Dit blyk duidelik uit verskeie Bybelverslae dat beelde glad nie deel was van die ware aanbidding van God nie.” Kyk na hierdie Bybelverse:

  •   “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of ’n afbeelding van enigiets maak wat bo in die hemel is of wat onder op die aarde is of wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou nie voor hulle neerbuig of laat oorhaal om hulle te dien nie, want ek, Jehovah jou God, is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid eis” (Eksodus 20:4, 5). Aangesien God “uitsluitlike toegewydheid” vereis, behaag dit hom glad nie as ons beelde, prente, afgode, ikone, standbeelde of simbole loof of aanbid nie.

  •   “Ek sal nie dat standbeelde die lof neem wat my toekom nie” (Jesaja 42:8, Easy-to-Read Version). God verwerp aanbidding wat deur middel van beelde tot hom gerig word. Toe party Israeliete God deur middel van ’n beeld van ’n kalf probeer aanbid het, het hy gesê dat hulle “’n verskriklike sonde” gepleeg het.—Eksodus 32:7-9, Easy-to-Read Version.

  •   “Ons [moenie] dink dat die Goddelike Wese gelyk is aan goud of silwer of klip nie, aan iets wat deur die kunsvaardigheid en vindingrykheid van die mens gebeeldhou is nie” (Handelinge 17:29). In teenstelling met heidense aanbidding, wat dikwels beelde gebruik “wat deur die kunsvaardigheid en vindingrykheid van die mens gebeeldhou is”, moet Christene “wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie”, soos die Bybel sê.—2 Korintiërs 5:7.

  •   “Bewaar julle van afgode” (1 Johannes 5:21). Deur middel van gebooie wat aan die nasie Israel sowel as aan Christene gegee is, toon die Bybel deurgaans dat dit ’n mite is dat God die gebruik van beelde en ikone in aanbidding goedkeur.