Spring na inhoud

Wat sê die Bybel oor saambly sonder om te trou?

Wat sê die Bybel oor saambly sonder om te trou?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel sê dat God wil hê dat mense ‘moet wegbly van seksuele onsedelikheid’ (1 Tessalonisense 4:3). Die uitdrukking “seksuele onsedelikheid”, soos dit in die Bybel gebruik word, sluit egbreuk, homoseksuele dade en seks tussen ’n man en vrou wat nie getroud is nie, in.

 Hoekom maak dit vir God saak of paartjies getroud is of nie?

  •   Die huweliksreëling kom van God af. Hy het dit ingestel toe hy die eerste mensepaartjie bymekaargebring het (Genesis 2:22-24). Hy wou nie hê dat ’n man en vrou moes saambly sonder die permanente band van ’n huwelik nie.

  •   God weet wat die beste is vir mense. Hy het die huwelik ontwerp om ’n permanente band tussen ’n man en ’n vrou te wees wat die gesin sal bevoordeel en beskerm. Kyk na ’n eenvoudige illustrasie. ’n Vervaardiger gee gewoonlik instruksies wat vir jou wys hoe om ’n meubelstuk reg aanmekaar te sit. Net so gee God vir ons instruksies wat vir ons sê hoe ons suksesvolle verhoudings in die gesin kan hê. God se standaarde bevoordeel altyd diegene wat dit volg. – Jesaja 48:17, 18.

    ’n Vervaardiger gee instruksies wat jou wys hoe om ’n meubelstuk reg aanmekaar te sit. God se instruksies sê vir ons hoe om ’n suksesvolle gesin te hê

  •   Seks buite die huwelik kan ernstige gevolge hê. Byvoorbeeld, dit kan ongewenste swangerskappe, seksuele oordraagbare siektes en emosionele pyn tot gevolg hê. a

  •   God het mans en vrouens die vermoë gegee om kinders te hê deur middel van seks. God beskou lewe as heilig, en die vermoë om kinders te hê, is ’n kosbare geskenk. God wil hê dat ons respek moet hê vir hierdie geskenk. Ons kan dit doen deur sy reëling vir die huwelik te respekteer. – Hebreërs 13:4.

 Wat van saambly voor die huwelik om te kyk of julle goed oor die weg kom?

 Om ’n suksesvolle huwelik te hê, is dit nie nodig vir ’n “toetslopie” waar ’n man of vrou kan wegloop wanneer hulle wil nie. Verhoudings is eerder op hulle gelukkigste wanneer albei maats heeltemal lojaal is aan mekaar en saam werk om probleme te oorkom. b Die huwelik maak jou belofte om vir altyd bymekaar te bly, sterker. – Matteus 19:6.

 Wat kan paartjies doen om ’n sterk huwelik te hê?

 Daar is nie iets soos ’n volmaakte huwelik nie. Maar paartjies kan ’n suksesvolle huwelik hê deur die Bybel se raad te volg. Hier is ’n paar voorbeelde: