Spring na inhoud

Is dit reg as Christene voorbehoedmiddels gebruik?

Is dit reg as Christene voorbehoedmiddels gebruik?

Die Bybel se antwoord

 Jesus het nie sy volgelinge beveel om kinders te hê of om nie kinders te hê nie. En nie een van Jesus se dissipels het so ’n opdrag gegee nie. Nêrens in die Bybel word geboortebeperking uitdruklik veroordeel nie. In hierdie saak geld die beginsel wat in Romeine 14:12 uiteengesit word: “Elkeen van ons [sal] vir homself aan God rekenskap gee.”

 Egpare kan dus self besluit of hulle kinders wil hê of nie. Hulle kan ook besluit hoeveel kinders hulle wil hê en wanneer hulle kinders wil hê. As ’n man en sy vrou besluit om ’n nievrugafdrywende voorbehoedmiddel te gebruik om swangerskap te voorkom, is dit hulle persoonlike besluit en verantwoordelikheid. Niemand moet hulle oordeel nie.—Romeine 14:4, 10-13.