Spring na inhoud

IS DIT ONTWERP?

Die duik van die malgas

Die duik van die malgas

 Malgasse is groot seevoëls wat afduik in die see teen ’n spoed van tot 190 kilometer per uur. Wanneer ’n malgas die water tref, is die krag van die impak 20 keer meer as dié van swaartekrag. Hoe kry ’n malgas dit reg om sulke indrukwekkende duike te oorleef en dit dan weer oor en oor te doen?

 Dink hieraan: Voordat ’n malgas die water tref, strek die voël sy vlerke agter hom uit, wat hom vaartbelyn maak soos ’n pyl. Voordat hy duik, gaan daar ’n beskermende membraan oor sy oë. Sy organe in sy nek en bors sit ook uit wat dit soos lugsakke maak om die impak te versag.

 Wanneer ’n malgas deur die see se oppervlak breek, is sy bek, kop en nek in die vorm van ’n kegel. Hierdie vorm versprei die krag van die impak eweredig oor die malgas se sterk nekspiere. Die malgas pas dadelik sy oë aan sodat hy onderwater kan sien.

 Hoe diep kan die malgas duik? Die voël se momentum kan hom tot ’n diepte van amper 11 meter neem. Maar hy kan nog dieper gaan deur sy vlerke te klap en sy gewebde pote te skop. Daar is al opgemerk dat malgasse dieper as 25 meter onder die see se oppervlak duik. Wanneer ’n malgas klaar geduik het, dryf hy sonder moeite na die oppervlak en is hy weer reg om te vlieg.

 Kyk hoe malgasse duik

 Navorsers het bioniese malgasse ontwerp om te help met soek-en-reddingsoperasies. Hulle het verwag dat hierdie robotte moet vlieg, in die water moet duik en dan weer moet vlieg. Maar terwyl hulle hierdie bioniese malgasse getoets het, het een robot meer as een keer gebreek omdat dit die water te hard getref het. Dit het die navorsers laat besef dat hulle prototipe “nie so goed kon duik soos die malgas nie”.

 Wat dink jy? Het die malgas se vermoë om te duik deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?