Spring na inhoud

Aanvaar Jehovah se Getuies mediese behandeling?

Aanvaar Jehovah se Getuies mediese behandeling?

 Ja, Jehovah se Getuies aanvaar geneesmiddels en mediese behandeling. Hoewel ons na ons liggaam en gesondheid probeer omsien, het ons soms “’n dokter nodig” (Lukas 5:31, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Trouens, soos die eerste-eeuse Christen Lukas, is party van Jehovah se Getuies dokters.—Kolossense 4:14.

 Maar omdat party vorme van behandeling met Bybelbeginsels bots, verwerp ons dit. Byvoorbeeld, ons aanvaar nie bloedoortappings nie omdat die Bybel verbied dat bloed ingeneem word om die liggaam te voed (Handelinge 15:20). Die Bybel verbied ook gesondheidsbehandelings of -prosedures waarby okkulte gebruike betrokke is.—Galasiërs 5:19-21.

 Maar die meeste mediese behandelings bots nie met Bybelbeginsels nie. Dan is dit ’n saak van persoonlike keuse. Een Getuie sal moontlik besluit om ’n sekere geneesmiddel of behandeling te aanvaar, terwyl ’n ander Getuie dalk dieselfde behandeling sal verwerp.—Galasiërs 6:5.