Spring na inhoud

Is Jehovah se Getuies ’n Amerikaanse sekte?

Is Jehovah se Getuies ’n Amerikaanse sekte?

 Ons wêreldhoofkwartier is in die Verenigde State van Amerika. Maar ons is om die volgende redes nie ’n Amerikaanse sekte nie:

  •   Party definieer ’n sekte as ’n groep wat van ’n gevestigde godsdiens weggebreek het. Jehovah se Getuies het nie van ’n ander godsdiensgroep weggebreek nie. Inteendeel, ons glo dat ons die Christelike godsdiens herstel het soos dit in die eerste eeu beoefen is.

  •   Jehovah se Getuies voer hulle bediening in meer as 230 lande uit. Ongeag waar ons woon, ons is allereers getrou aan Jehovah God en Jesus Christus, nie aan die Amerikaanse regering of aan enige ander menseregering nie.—Johannes 15:19; 17:15, 16.

  •   Al ons leringe is gebaseer op die Bybel, nie op die geskrifte van die een of ander godsdiensleier in die Verenigde State nie.—1 Tessalonisense 2:13.

  •   Ons volg Jesus Christus, nie ’n menseleier nie.—Matteus 23:8-10.