Spring na inhoud

Fotogalery 7 van Brittanje (September 2018 Tot Februarie 2019)

Fotogalery 7 van Brittanje (September 2018 Tot Februarie 2019)

In hierdie fotogalery sal ons sien hoe die konstruksie by die nuwe takkantoor van Jehovah se Getuies in Brittanje tussen September 2018 en Februarie 2019 gevorder het.

  1. Noordelike Produksiegebou

  2. Suidelike Produksiegebou

  3. Kantoorgebou

  4. Woongebou A

  5. Woongebou B

  6. Woongebou C

  7. Woongebou D

  8. Woongebou E

  9. Woongebou F

25 September 2018 – Woongebou A

’n Groot deel van die hoofwaterpyp word met behulp van twee uitgrawers in die grond gelê. Die Kantoorgebou kan in die agtergrond gesien word.

26 September 2018 – Suidelike Produksiegebou

Kontrakteurs installeer panele aan die buitekant van die gebou. Die kleure en patrone van die panele is so ontwerp dat die gebou by die omgewing inpas.

27 September 2018 – Suidelike Produksiegebou

Nadat die betonvloer gegooi is, gebruik kontrakteurs spesiale masjinerie om ’n gladde, gepoleerde en sterk oppervlak te skep.

4 Oktober 2018 – Kantoorgebou

’n Lugfoto vanuit die noordooste. In die voorkant kan ’n mens sien hoe ’n stuk grond skoongemaak en voorberei word vir die hoofparkeerarea by die ontvangs. Aan die linkerkant kan ’n mens die staalraam van die ontvangsgebou sien, wat die twee kantoorgeboue met mekaar sal verbind. Die Noordelike en die Suidelike Produksiegeboue kan in die agtergrond gesien word.

10 Oktober 2018 – Takkantoorbouterrein

’n Landmeter doen opmetings naby Woongebou A. Die bome en die plante is al aan die begin van die projek geplant sodat dit gevestig kan wees teen die tyd dat die konstruksie van die gebou klaar is.

31 Oktober 2018 – Woongebou F

Werkers verf die vloer van die parkeerarea met ’n spesiale epoksigom. Een van die werkers dra skoene met spykers sodat sy nie ’n afdruk agterlaat nie. As gevolg van die epoksigom sal die oppervlak lank hou en bestand wees teen olievlekke. Dit maak dit ideaal vir ’n plek waar motors parkeer.

6 November 2018 – Suidelike Produksiegebou

Werkers meet en knip stukke ketting wat gebruik sal word om panele wat hitte uitstraal, te hang. Hierdie panele kan ’n groot spasie warm maak.

6 November 2018 – Kantoorgebou

Werkers verf die eerste lagie verf in die Kantoorgebou. Bo elke kantoor hang ’n lugreëlingeenheid wat in swart plastiek toegedraai is om dit te beskerm.

8 November 2018 – Kantoorgebou

Werkers installeer ’n staalraam bo-oor die plek waar die ontvangstoonbank sal wees.

7 Desember 2018 – Kantoorgebou

Kontrakteurs gebruik ’n spesiale hyskraan om glaspanele buite die eetkamer en die ouditorium te installeer.

10 Desember 2018 – Kantoorgebou

Werkers van die Elektriese Data-span werk aan data-kabels. Omtrent 50 kilometer data-kabel is onder elk van die vier vloere in die Kantoorgebou gelê. Die verhoogde vloer is op so ’n manier ontwerp dat die uitleg van die kantoorspasie maklik in die toekoms verander kan word.

26 Desember 2018 – Woongebou A

Die Noodreaksie-span hou ’n veiligheidsoefening waar iemand van die stellasie afgeval het en aan sy veiligheidsharnas hang.

8 Januarie 2019 – Kantoorgebou

’n Voetpad word voorberei sodat dit geplavei kan word. Langs die voetpad grawe ’n graafmasjien slote sodat ’n ry inheemse booghoutbome geplant kan word.

9 Januarie 2019 – Produksiegeboue

Lugfoto. Sonpanele is op die dak van altwee produksiegeboue geïnstalleer, sowel as die Kantoorgebou, sodat sonlig in elektrisiteit omgesit kan word.

17 Januarie 2019 – Kantoorgebou

In die voorportaal van die derde verdieping word kalksteen-vloerteëls gelê. Die oranje membraan onder die teëls voorkom dat die teëls bars as die onderlaag beweeg.

21 Januarie 2019 – Tydelike terrein

Honger werkers kry hulle middagete en eet dit in die tydelike eetsaal. Daar is drie skofte in hierdie eetsaal sodat amper ’n duisend maaltye elke dag bedien kan word.

30 Januarie 2019 – Kantoorgebou

Stortvragmotors neem materiaal na die agterkant van die kantoorkompleks. Aan die regterkant is sonskerms aan die gebou gesit om te voorkom dat die lae winterson in die eetsaal en die ouditorium skyn.

30 Januarie 2019 – Kantoorgebou

Matteëls word gelê. Die span word gehelp deur vrywilligers wat deel is van ’n spesiale program waar werkers een dag met die bouprojek kan help. Teen die einde van Februarie het meer as 5 500 vrywilligers uit gemeentes van Jehovah se Getuies in Brittanje en Ierland aan die program deelgeneem.

12 Februarie 2019 – Suidelike Produksiegebou

Kontrakteurs bou ’n hoë skeidsmuur in die middel van die gebou, wat die spasies verdeel. Die oranje paaltjies op die vloer wys waar dit veilig is vir die hyskrane om te beweeg.

20 Februarie 2019 – Kantoorgebou

Die spasie word skoongehou terwyl die verhoogde vloer in die ontvangsarea gelê word.