Spring na inhoud

Veiligheidsinspekteur prys Getuies

Veiligheidsinspekteur prys Getuies

Nadat ’n veiligheidsinspekteur besoek afgelê het by ’n Koninkryksaalbouprojek in ’n voorstad van Sydney, Australië, het hy gesê: “[Dit] was een van die veiligste boupersele wat ek in ’n lang tyd besoek het.

Die inspekteur het geskryf: “Die bouperseel was baie goed georganiseerd . . . [Dit] was baie skoon en netjies met uitstekende toegang, al die elektriese kabels is aan plastiekhake opgehang, [en] brandblussers [was] byderhand ... Almal op die bouperseel het langmouhemde, langbroeke, harde hoede en skermbrille gedra. ... Almal op die bouperseel was baie behulpsaam.

Vir Getuies is veiligheid van baie groot belang,” het Victor Otter, die perseelbestuurder, gesê. “Wanneer ons veilig werk, weerspieël ons God se beskouing van lewe en bevorder ons harmonie en vreugde. Nadat ek die hele dag hard gewerk het, het ek dikwels met ’n glimlag op my gesig huis toe gegaan.

Die Koninkryksaal, met sitplek vir 127, is in April 2012 voltooi.