Spring na inhoud

Vlugtelinge in die Lóvua-vlugtelingkamp by die kringbyeenkoms in Tshiluba

12 SEPTEMBER 2019
ANGOLA

Kringbyeenkomste gehou in Angola-vlugtelingkamp in Lingala en Tshiluba

Kringbyeenkomste gehou in Angola-vlugtelingkamp in Lingala en Tshiluba

Op 25 en 26 Mei 2019 is die “Wees sterk!”-kringbyeenkoms in die Lingala- en Tshiluba-taal in die Lóvua-vlugtelingkamp gehou. Hierdie kamp is 1 022 kilometer van Angola se hoofstad, Luanda. Toe die kringbyeenkoms gehou is, was daar 177 verkondigers en hulle families wat in die Lóvua-kamp woon. Tog het sowat 380 mense die byeenkoms in Lingala bygewoon en 3 is gedoop, en 630 mense het die byeenkoms in Tshiluba bygewoon en 6 is gedoop.

Baie van die broers moes na Lóvua vlug as gevolg van die geweld in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Ons broers in Lóvua kan nie vergaderinge vir aanbidding in ander stede bywoon nie omdat hulle nie vryelik buite die kamp mag reis nie. Daarom het die takkantoor gereël dat die byeenkomste binne die kamp gehou word en dat twee tydelike Koninkryksale gebou moes word. Vier gemeentes gebruik hierdie Koninkryksale – drie Tshiluba en een Lingala.

Op 24 Mei 2019 het die kringopsiener en die takverteenwoordiger na die Lóvua-kamp gegaan om die klank- en verhoogtoerusting op te stel. Ondanks die uitdagings wat ons broers as vlugtelinge deurgaan, het hulle seile, pale, tou, spykers en ander materiaal wat nodig was, geskenk.

Ná die program het Honoré Lontongo, ’n bedieningskneg in een van die Tshiluba-gemeentes in die vlugtelingkamp, gesê: “Om te sien dat die byeenkomste hier binne die vlugtelingkamp gehou word, al is toestande moeilik, maak dat ons Jehovah se liefde kan voel nie net vir ons as ’n groep nie, maar vir ons as individue. Ek is so gelukkig!”

Ons hou aan bid vir ons broers wat moet vlug as gevolg van hierdie wêreld se politieke onrus. Ons weet dat Jehovah sal aanhou om hulle geestelike voedsel en ondersteuning te gee, maak nie saak waar hulle is nie. – Romeine 8:38, 39.

 

Broers bou die verhoog en stel die klanktoerusting op

Ses doopkandidate staan om die doopvrae by die kringbyeenkoms in Tshiluba te antwoord

Broers en susters wat Lingala praat, loop twee kilometer van die vlugtelingkamp om te kyk hoe broers en susters gedoop word

Broer Johannes De Jager, ’n lid van die takkomitee in Angola, saam met broers en susters wat Lingala praat ná die byeenkoms