Spring na inhoud

Links: Broer Wolfram Slupina wys ’n baadjie wat deur een van Jehovah se Getuies in ’n konsentrasiekamp gedra is. Regs: Die gedenkplaat by Flossenbürg

17 MEI 2023
DUITSLAND

Flossenbürg-konsentrasiekamp stel ’n gedenkplaat bekend wat Jehovah se Getuies eer

Flossenbürg-konsentrasiekamp stel ’n gedenkplaat bekend wat Jehovah se Getuies eer

Op 22 April 2023 het die Flossenbürg-konsentrasiekamp se Gedenkmuseum in Beiere, Duitsland, ’n gedenkplaat bekend gestel om Jehovah se Getuies wat in daardie kamp gesterf het, te onthou. Flossenbürg is die negende gedenkmuseum wat ’n gedenkplaat vir Jehovah se Getuies bekend gestel het.

Meer as 100 Jehovah se Getuies was in Flossenbürg en sy omliggende kampe gevange gehou. Party van hulle familielede het die seremonie bygewoon. Een broer wat dit bygewoon het, het gesê: “Om weer by die plek te wees waar sulke aaklige dinge gebeur het, was baie hartseer. Maar omdat ons gedink het aan hoe getrou ons broers aan Jehovah was, was dit ’n vreugdevolle sowel as ’n respekvolle geleentheid.”

Professor Jörg Skriebeleit, die direkteur van die Flossenbürg-konsentrasiekamp se gedenkmuseum, verduidelik: “Jehovah se Getuies was die eerste godsdiensgemeenskap wat verban is nadat die [Nazi’s] in Maart 1933 beheer oor die land geneem het.” In sy kort toespraak het hy gesê: “Geloof het [die Getuies] krag gegee terwyl hulle in die konsentrasiekamp was . . . nie net sodat hulle kon oorleef nie, maar ook om [daardie krag] aan ander oor te dra wat nie dieselfde as hulle geglo het nie.”

Die gehoor luister aandagtig gedurende die seremonie in Beiere, Duitsland. Kleiner foto links: Suster Judith Ribic, wie se pa ’n gevangene in die Flossenbürg-kamp was, en professor Skriebeleit stel die gedenkplaat bekend

Broer Wolfram Slupina, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Duitsland, het ook met die gehoor gepraat. Hy het gesê: “Dit is belangrik vir almal van ons dat die geskiedenis van Jehovah se Getuies as slagoffers van die konsentrasiekampe nie vergeet word nie, die geskiedenis van mense wat bereid was om hulle gewete te volg gedurende Duitsland se donkerste tye.”

Ons is daarvan oortuig dat ons getroue broers en susters wat in die konsentrasiekampe vervolg en selfs doodgemaak is, in God se “gedenkboek” is. – Maleagi 3:16.