Spring na inhoud

Broers en susters gee inligting oor bloedlose mediese behandeling by die Gesamentlike Konferensie van die Wetenskaplike Vereniging vir Chirurgie in Rome

27 JUNIE 2019
ITALIË

Dokters by twee groot mediese konferensies in Italië stel belang in bloedlose behandeling

Dokters by twee groot mediese konferensies in Italië stel belang in bloedlose behandeling

Mediese spesialiste by ons uitstalling by die SIAARTI-konferensie in Palermo

Baie dokters het hulle waardering uitgespreek vir die wêreldwye netwerk wat ons organisasie beskikbaar gemaak het. Hierdie netwerk gee inligting oor mediese en chirurgiese strategieë om bloedoortappings te vermy. Die Hospitaalinligtingsdienste (Italië) by die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rome is deel van hierdie wêreldwye netwerk. Aan die einde van 2018 het verteenwoordigers van die Hospitaalinligtingsdienste (Italië) en plaaslike lede van die Hospitaalskakelkomitee ’n uitstalling met inligting gehad by die Nasionale Konferensie van die Italiaanse Vereniging van Narkose, Analgesie, Resussitasie en Intensiewe sorg (SIAARTI). Dit is van 10-13 Oktober 2018 in Palermo, Sisilië, gehou. Onmiddellik ná hierdie konferensie het die broers ook ’n uitstalling gehad by die Gesamentlike Konferensie van die Wetenskaplike Vereniging vir Chirurgie in die “La Nuvola”-konferensiesentrum in Rome.

Sulke konferensies gee ons die kans om op dieselfde tyd die nuutste inligting oor bloedlose behandeling aan baie belangstellende spesialiste te gee. Daar was 2 800 narkotiseurs by die konferensie in Palermo. Die konferensie in Rome word beskou as die grootste konferensie oor chirurgie wat nog ooit in Italië gehou is en is deur 3 500 chirurge bygewoon. Verteenwoordigers van verskillende gerespekteerde mediese institute was ook daar. Dit sluit ook lede in van al die Italiaanse verenigings van chirurgie en van die Italiaanse Afdeling van die Amerikaanse Universiteit van Chirurgie. ’n Paar verskillende nasionale institute, soos die Departement van Gesondheid, het die konferensie ondersteun.

Die narkotiseur Vincenzo Scuderi van die Policlinico-hospitaal van Catania, Sisilië, was by ons uitstalling by die konferensie in Palermo. Op 18 Januarie 2019 het hy ’n noodoperasie op ’n Getuie-pasiënt gedoen wat ’n aorta-disseksie gehad het. Hy kon hierdie baie ingewikkelde prosedure doen sonder om bloed te gebruik. Dr. Scuderi verduidelik: “[Julle uitstalling] by die SIAARTI-konferensie in 2018 het baie gehelp. Die inligting wat julle ons gegee het, was van groot hulp.”

Op die oomblik het meer as 5 000 dokters in Italië ingestem om pasiënte wat Jehovah se Getuies is, te behandel met veilige, effektiewe mediese en chirurgiese tegnieke waarvoor bloedoortappings nie nodig is nie. Elke jaar in Italië word gemiddeld 16 000 Getuie-pasiënte sonder bloedoortappings behandel.