Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Algemene vrae​—JW Library (Windows)

Algemene vrae​—JW Library (Windows)

Nuwe tale word van tyd tot tyd vrygestel. Om die lys tale te sien waarin ’n publikasie beskikbaar is, tik op die taal-knoppie.

Die kleure stem ooreen met die agt gedeeltes wat in Vraag 19 van ’n Inleiding tot God se Woord verduidelik word.

 

JW Library sal dieselfde basiese funksies op alle platforms hê. Maar funksies en opgraderings vir die toepassing word dalk op verskillende tye vrygestel vir elke platform.

 

Probleem: Nadat die bywerking van die nuutste weergawe van JW Library geïnstalleer is, sal jy dalk ’n boodskap sien dat jou notas en teks wat jy gemerk het, verdwyn het. Jy kan nie jou persoonlike notas, merkers, teks wat jy gemerk het, gunstelinge en boekmerke sien nie.

Oplossing: ’n Bygewerkte weergawe van die app kan dalk die probleem oplos. Installeer die volgende beskikbare bywerking, en volg die instruksies op die skerm om jou notas en teks wat jy gemerk het, te herstel.

 

Vra iemand wat bekend is met JW Library om jou te help. As dit nie moontlik is nie, kontak gerus ons naaste takkantoor.