Die eerste brief aan Timoteus 6:1-21

  • Slawe moet hulle meesters eer (1, 2)

  • Valse onderrigters en liefde vir geld (3-10)

  • Instruksies vir ’n man van God (11-16)

  • Wees ryk in goeie werke (17-19)

  • Beskerm wat aan jou toevertrou is (20, 21)

6  Dié wat slawe is, moet aanhou om alle eer aan hulle eienaars te gee,+ sodat daar nooit sleg gepraat sal word van die naam van God en die leringe nie.+  En dié wat gelowige eienaars het, moenie disrespekvol teenoor hulle wees omdat hulle broers is nie. Laat hulle eerder ywerige slawe wees, want dié wat deur hulle goeie diens bevoordeel word, is gelowiges en geliefdes. Hou aan om hierdie dinge aan ander te leer en hierdie aansporings te gee.  As enigiemand ’n ander lering verkondig en nie saamstem met die gesonde* onderrigting+ wat van ons Here Jesus Christus af kom of met die lering wat in ooreenstemming met toegewydheid aan God is nie,+  is hy opgeblase van trots en verstaan hy niks nie.+ Hy het ’n obsessie met* argumente en debatte oor woorde.+ Hierdie dinge lei tot jaloesie, onenigheid, beledigende taal* en goddelose agterdog.  Dit lei ook tot aanhoudende stryery oor onbelangrike dinge deur mense wie se verstande onrein is+ en wat die waarheid nie meer verstaan nie. Hulle dink dat toegewydheid aan God vir hulle voordele inhou.+  Toegewydheid aan God hou beslis groot voordele in+ as dit met tevredenheid gepaardgaan.  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie, en ons kan ook niks daaruit wegdra nie.+  As ons dan kos en klere* het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.+  Maar dié wat vasbeslote is om ryk te wees, val in versoeking en ’n strik+ en swig voor baie dwase en skadelike begeertes wat mense tot rampspoed en vernietiging lei.+ 10  Want die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge, en deur hulle aan hierdie liefde oor te gee, het party van die geloof afgedwaal en baie pyn vir hulleself veroorsaak.*+ 11  Maar jy, o man van God, vlug vir hierdie dinge. Werk eerder hard om regverdigheid, toegewydheid aan God, geloof, liefde, volharding en sagmoedigheid+ aan te kweek. 12  Stry die goeie stryd van die geloof. Kry ’n stewige houvas op die ewige lewe waarvoor jy geroep is en waarvan jy voor baie getuies ’n goeie openbare bekendmaking gedoen het. 13  Ek beveel jou voor God, wat alles aan die lewe hou, en voor Christus Jesus, wat as ’n getuie die goeie openbare bekendmaking voor Pontius Pilatus+ gedoen het, 14  om aan die gebod gehoorsaam te wees en onbesmet te bly sonder dat enigiemand iets teen jou kan sê. Hou aan om dit te doen totdat ons Here Jesus Christus geopenbaar word.+ 15  Die gelukkige en enigste Heerser sal homself op die vasgestelde tye openbaar. Hy is die Koning van dié wat as konings regeer en Here van dié wat as here+ regeer. 16  Hy is die enigste een wat onsterflikheid het,+ en hy woon in lig wat so helder is dat niemand daar naby kan kom nie.+ Geen mens het hom gesien of kan hom sien nie.+ Aan hom behoort die eer en ewige mag. Amen. 17  Beveel dié wat ryk is in hierdie wêreld* om nie hoogmoedig* te wees nie en om nie te vertrou op rykdom wat kan verdwyn nie,+ maar op God, wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.+ 18  Sê vir hulle om goed te doen, om ryk te wees in goeie werke, om vrygewig te wees, bereid om te deel.+ 19  So sal hulle vir hulleself ’n skat bewaar – ’n goeie fondament vir die toekoms,+ sodat hulle ’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry.+ 20  Timoʹteus, beskerm wat aan jou toevertrou is+ en vermy die leë praatjies wat ’n bespotting maak van wat heilig is en valse kennis+ wat die waarheid weerspreek. 21  Omdat party met sulke kennis gespog het, het hulle van die geloof afgedwaal. Mag die onverdiende goedheid met julle wees.

Voetnote

Of “voordelige”.
Of “ongesonde belangstelling in”.
Of “laster”.
Of “huisvesting”. Lett. “bedekking”.
Lett. “hulleself oral met baie pyne deurboor”.
Of “arrogant”.
Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.