Die tweede brief aan die Korintiërs 10:1-18

  • Paulus verdedig sy bediening (1-18)

    • Ons wapens is nie van hierdie wêreld nie (4, 5)

10  Maar ek, Paulus, wil julle deur die sagmoedigheid en goedheid van die Christus+ vra om die dinge te doen wat ek vir julle sê, al word ek as swak beskou wanneer ek by julle is,+ maar kragtig wanneer ek nie by julle is nie.+  Ek hoop dat ek, wanneer ek daar aankom, nie so streng hoef te wees as wat ek verwag in my optrede teen dié wat dink dat ons deur vleeslike denke gelei word nie.  Want al is ons net vlees, voer ons nie oorlog op ’n vleeslike manier nie.  Want die wapens wat ons in ons oorlog gebruik, is nie vleeslik nie,+ maar is kragtig deur God+ om dinge wat soos sterk vestings is, af te breek.  Want ons breek redenasies en elke hoë ding af wat teen die kennis van God opgerig is,+ en ons neem elke gedagte gevange om dit aan die Christus gehoorsaam te maak,  en ons is gereed om elke ongehoorsaamheid te straf,+ sodra julle getoon het dat julle heeltemal gehoorsaam is.  Julle kyk na dinge volgens hulle uiterlike. As iemand daarvan oortuig is dat hy aan Christus behoort, moet hy weer hieroor nadink: Net soos hy aan Christus behoort, behoort ons ook aan Christus.  Want selfs al sou ek ’n bietjie te veel spog oor die gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en julle nie af te breek nie,+ sou ek my nie hoef te skaam nie.  Want ek wil nie hê dit moet lyk asof ek julle deur my briewe probeer bang maak nie. 10  Want hulle sê: “Sy briewe is gewigtig en kragtig, maar sy teenwoordigheid is swak en sy woorde is nutteloos.” 11  Laat so iemand die volgende in gedagte hou: Die dinge wat ons in ons briewe sê wanneer ons nie daar is nie, sal ons ook doen wanneer ons daar is.+ 12  Want ons waag dit nie om onsself te tel onder party wat hulleself aanbeveel nie,+ en ons vergelyk ons ook nie met hulle nie. Maar wanneer hulle hulle aan hulleself meet en met hulleself vergelyk, verstaan hulle niks.+ 13  Maar ons sal nie spog buite die grense van wat aan ons toegewys is nie, maar binne die grense van die gebied wat God aan ons toegewys* het en wat julle ook insluit.+ 14  Om die waarheid te sê, ons het nie buite ons grense gegaan toe ons na julle toe gekom het nie, want ons was die eerstes wat julle met die goeie nuus oor die Christus bereik het.+ 15  Nee, ons spog nie buite ons grense oor die werk van iemand anders nie, maar ons hoop dat die werk wat ons in ons gebied gedoen het, sal groei terwyl julle geloof bly groei. Dan sal ons nog meer doen 16  om die goeie nuus bekend te maak aan die lande wat verder weg is as julle, sodat ons nie spog oor wat reeds in iemand anders se gebied gedoen is nie. 17  “Maar laat die een wat spog, oor Jehovah* spog.”+ 18  Want dit is nie die een wat homself aanbeveel wat goedgekeur is nie,+ maar die een wat deur Jehovah* aanbeveel word.+

Voetnote

Of “uitgemeet”.