Die tweede brief aan die Tessalonisense 1:1-12

  • Groete (1, 2)

  • Tessalonisense se geloof groei (3-5)

  • Wraak op ongehoorsames (6-10)

  • Gebed vir die gemeente (11, 12)

1  Van Paulus, Silvaʹnus* en Timoʹteus.+ Aan die gemeente van die Tessalonisense in eenheid met God, ons Vader, en die Here Jesus Christus:  Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, die Vader, en van die Here Jesus Christus.  Ons is verplig om God altyd vir julle te dank, broers. Dit is gepas omdat julle geloof groei en al hoe sterker word en julle liefde vir mekaar toeneem.+  Ons praat dus met trots van julle+ in die gemeentes van God as gevolg van julle volharding en geloof ten spyte van al die vervolging en moeilike tye wat julle deurmaak.+  Dit alles bewys dat God regverdig oordeel, en dit lei daartoe dat julle waardig bevind word vir die Koninkryk van God, waarvoor julle ly.+  Dit is regverdig van God om dié wat julle onderdruk, met onderdrukking te straf.+  Maar julle wat onderdruk word, sal saam met ons verligting ontvang by die openbaring van die Here Jesus+ vanuit die hemel met sy magtige engele+  in ’n vlammende vuur, wanneer hy wraak neem op dié wat God nie ken nie en dié wat nie die goeie nuus oor ons Here Jesus gehoorsaam nie.+  Hierdie selfde mense sal as regterlike straf vir ewig vernietig word,+ ver van die Here en van sy groot krag af. 10  Dit sal gebeur op die dag wanneer hy kom om geëer te word in verband met sy heiliges en om bewonder te word deur almal wat geloof beoefen het, want julle het geloof beoefen in die getuienis wat ons gegee het. 11  Daarom bid ons altyd vir julle. Ons vra dat ons God julle sal beskou as persone wat sy roeping waardig is+ en dat hy met sy krag al die goeie dinge sal uitvoer wat hy vir julle wil doen en dat hy julle dade van geloof suksesvol sal maak. 12  Dit is sodat die naam van ons Here Jesus in julle geëer kan word, en julle in eenheid met hom, volgens die onverdiende goedheid van ons God en van die Here Jesus Christus.

Voetnote

D.w.s. Silas.