Aan die Kolossense 1:1-29

  • Groete (1, 2)

  • Dankbaar vir Kolossense se geloof (3-8)

  • Gebed vir geestelike groei (9-12)

  • Christus se sentrale rol (13-23)

  • Paulus se harde werk vir gemeente (24-29)

1  Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil, en van ons broer Timoʹteus.+  Aan die heiliges en getroue broers in eenheid met Christus in Kolosʹse: Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader.  Ons dank God, die Vader van ons Here Jesus Christus, elke keer wanneer ons vir julle bid.  Ons doen dit, want ons het gehoor van julle geloof in Christus Jesus en die liefde wat julle vir al die heiliges het  weens die hoop wat in die hemel op julle wag.+ Julle het voorheen van hierdie hoop gehoor toe die boodskap van waarheid van die goeie nuus  julle bereik het. Die goeie nuus groei en versprei in die hele wêreld,+ en so ook onder julle, van die dag af dat julle die waarheid oor die onverdiende goedheid van God gehoor het en noukeurig leer ken het.  Dit is wat julle geleer het by ons geliefde medeslaaf Eʹpafras,+ wat namens ons ’n getroue bedienaar van die Christus is.  Hy het ons ook vertel van die liefde wat die gees in julle voortgebring het.*  Daarom het ons van die dag af dat ons daarvan gehoor het, nooit opgehou om vir julle te bid nie.+ Ons bid dat julle gevul mag word met die akkurate kennis+ van God se wil met alle wysheid en geestelike insig.+ 10  Dan sal julle kan lewe op ’n manier wat Jehovah* waardig is sodat julle hom in alles bly kan maak, terwyl julle aanhou om vrugte te dra in elke goeie werk en te groei in die akkurate kennis van God.+ 11  Ons bid ook dat God julle met sy glorieryke mag+ versterk sodat julle ten volle kan volhard met geduld en vreugde. 12  En doen dit terwyl julle die Vader dank, want hy het julle geskik gemaak om die erfenis te ontvang wat aan die heiliges behoort+ wat in die lig is. 13  Hy het ons gered uit die mag van die duisternis+ en ons oorgeplaas na die koninkryk van sy geliefde Seun. 14  Deur hom ontvang ons bevryding deur ’n losprys, wat beteken dat ons sondes vergewe is.+ 15  Hy is die beeld van die onsigbare God,+ die eersgeborene van die hele skepping,+ 16  want deur middel van hom is alle ander dinge in die hemel en op die aarde geskep, die sigbare dinge en die onsigbare dinge,+ of dit nou trone of heerskappye of regerings of owerhede is. Alle ander dinge is deur hom en vir hom geskep.+ 17  En hy het voor alle ander dinge bestaan,+ en deur middel van hom is alle ander dinge geskep, 18  en hy is die hoof van die liggaam, die gemeente.+ Hy is die begin, die eersgeborene uit die dood,+ sodat hy die een kon word wat in alles eerste is. 19  Want God het dit goedgevind om alle dinge in volle mate in hom te laat woon+ 20  en om deur hom alle ander dinge met homself te versoen.+ Hy het dit gedoen deur vrede te maak deur die bloed+ wat hy uitgestort het toe hy aan die folterpaal* gehang het, of dit nou die dinge op die aarde of die dinge in die hemel is. 21  Ja, julle was eens vervreemd en vyande omdat julle verstande op goddelose dade gefokus was. 22  Maar nou het hy julle versoen deur middel van die dood van die een wat sy menslike* liggaam opgeoffer het sodat julle heilig en onbesmet en vry van enige beskuldiging voor hom kan wees.+ 23  Dan moet julle natuurlik in die geloof bly,+ stewig gevestig op die fondament+ en standvastig,+ sonder om weggevat te word van die hoop van die goeie nuus wat julle gehoor het en wat verkondig is in die hele skepping wat onder die hemel is.+ Van hierdie goeie nuus het ek, Paulus, ’n bedienaar geword.+ 24  Ek is bly dat ek nou vir julle kan ly,+ en ek voel dat ek nog in volle mate moet ly as ’n lid van die liggaam van Christus,+ naamlik die gemeente.+ 25  Ek het ’n bedienaar van hierdie gemeente geword omdat God ter wille van julle ’n bestuurderskap+ aan my gegee het om die woord van God ten volle te verkondig. 26  Dit sluit die heilige geheim+ in wat gedurende die vroeëre tydperke*+ en geslagte geheim gehou is. Maar nou is dit aan sy heiliges geopenbaar.+ 27  God het die glorieryke rykdom van hierdie heilige geheim+ onder die nasies bekend gemaak. Hierdie geheim is Christus in eenheid met julle, wat die hoop het om saam met hom verheerlik te word.+ 28  Ons verkondig hom terwyl ons elke mens waarsku en met alle wysheid leer, sodat ons elke mens as ’n geestelik volwasse volgeling van Christus kan aanbied.+ 29  Hiervoor werk ek ook hard en span ek my in met sy krag, wat kragtig in my aan die werk is.+

Voetnote

Lett. “julle liefde in gees”.
Lett. “vleeslike”.
Of “stelsels van dinge”. Sien Woordelys.