Aan die Romeine 1:1-32

  • Groete (1-7)

  • Paulus wil Rome besoek (8-15)

  • Regverdige sal deur geloof lewe (16, 17)

  • Goddeloses het geen verskoning nie (18-32)

    • God se eienskappe in skepping gesien (20)

1  Van Paulus, ’n slaaf van Christus Jesus, wat geroep is om ’n apostel te wees, afgesonder vir God se goeie nuus,+  wat hy voor die tyd deur sy profete in die heilige Skrif belowe het.  Hierdie goeie nuus gaan oor sy Seun, wat as ’n mens uit die nageslag* van Dawid+ gebore is.  Maar toe hy deur die krag van die heilige gees ’n opstanding uit die dood ontvang het,+ het dit hom geïdentifiseer as God se Seun+ – ja, Jesus Christus, ons Here.  Deur hom het ek* onverdiende goedheid ontvang, en hy het my as ’n apostel aangestel+ sodat al die nasies geloof kan hê+ en gehoorsaam kan wees om sy naam te verheerlik.  God het julle ook uit die nasies gekies om aan Jesus Christus te behoort –  aan almal wat in Rome is as God se geliefdes, wat geroep is om heiliges te wees: Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.  In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus vir julle almal omdat daar regoor die wêreld oor julle geloof gepraat word.  God, wat ek met my hele hart* dien in verband met die goeie nuus oor sy Seun, is my getuie dat ek julle altyd in my gebede noem+ 10  en smeek dat ek, as dit enigsins moontlik is, nou uiteindelik na julle toe kan kom as dit God se wil is. 11  Want ek wil julle graag sien sodat ek die een of ander geestelike gawe aan julle kan oordra om julle standvastig te maak, 12  of liewer, dat ons mekaar kan aanmoedig+ deur ons geloof, julle s’n sowel as myne. 13  Broers, ek wil hê dat julle moet weet dat ek al dikwels beplan het om na julle toe te kom, maar ek is tot nou toe gekeer. Ek wil kom sodat my prediking daar ook goeie resultate sal hê, net soos dit onder die res van die nasies gehad het. 14  Ek het ’n verantwoordelikheid teenoor Grieke sowel as uitlanders,* teenoor wyses sowel as onverstandiges. 15  Daarom is ek gretig om die goeie nuus ook aan julle in Rome bekend te maak.+ 16  Ek skaam my nie vir die goeie nuus nie,+ want dit is God se krag tot redding vir elkeen wat geloof het,+ eers vir die Jood,+ maar ook vir die Griek.+ 17  Want daarin word God se regverdigheid geopenbaar deur geloof en vir geloof,+ net soos daar geskryf is: “Maar die regverdige sal deur geloof lewe.”+ 18  God se woede+ word vanuit die hemel geopenbaar teen alle goddeloosheid en onregverdigheid van die mense wat die waarheid op ’n onregverdige manier onderdruk,+ 19  want wat ’n mens omtrent God kan weet, is vir hulle duidelik omdat God dit aan hulle duidelik gemaak het.+ 20  Sy onsigbare eienskappe, ja, sy ewige krag+ en Godheid,+ word van die wêreld se skepping af duidelik gesien omdat dit waargeneem kan word in die dinge wat gemaak is.+ Daarom het hulle geen verskoning nie. 21  Want al het hulle God geken, het hulle hom nie as God geloof nie en hom ook nie gedank nie, maar hulle redenasies het nutteloos geword, en hulle harte onverstandig.+ 22  Al het hulle gesê dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23  en die heerlikheid van die onsterflike* God verander in iets wat lyk soos die beeld van ’n sterflike* mens of voëls of viervoetige diere of reptiele.*+ 24  Omdat hulle die begeertes van hulle harte wou volg, het God hulle oorgegee aan onreinheid waardeur hulle hulle liggame onteer. 25  Hulle het die waarheid van God verruil vir die leuen en het eer bewys* en heilige diens verrig aan die skepping in plaas van aan die Skepper, wat vir ewig geloof moet word. Amen. 26  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike seksuele begeertes,+ want die vrouens het natuurlike seksuele omgang verander in iets wat teen die natuur is.+ 27  En die mans het ook nie meer natuurlike seksuele omgang met vrouens nie en het ’n brandende begeerte vir mekaar gekry. Mans doen skandelike dinge met mans+ en ontvang self die volle straf wat hulle vir hulle oortreding verdien.+ 28  Omdat hulle nie gedink het dat dit nodig is om erkenning aan God te gee nie, het God hulle oorgegee aan ’n denkwyse wat hy nie goedkeur nie, om die dinge te doen wat nie gepas is nie.+ 29  Hulle is vol onregverdigheid,+ goddeloosheid, gierigheid,*+ slegtheid, jaloesie,*+ moord,+ stryery, bedrog+ en wil slegte dinge+ aan ander doen. Hulle skinder,* 30  laster*+ en haat God. Hulle kry nie skaam nie en is hoogmoedig en trots. Hulle dink slegte dinge uit en is ongehoorsaam aan ouers,+ 31  sonder begrip,+ onbetroubaar, sonder natuurlike liefde en genade. 32  Al weet hulle goed wat God se regverdige oordeel is – dat mense wat sulke dinge doen, die dood verdien+ – hou hulle nie net aan om dit te doen nie, maar hulle keur ook die mense goed wat dit doen.

Voetnote

Lett. “saad”.
Lett. “ons”.
Lett. “my gees”.
Of “nie-Grieke”. Lett. “Barbare”.
Lett. “onverderflike”.
Lett. “verderflike”.
Of “kruipende diere”.
Of “aanbidding verrig”.
Of “is fluisteraars”.
Of “afguns”.
Of “hebsug”.
Of “is kwaadsprekers”.