Spreuke 17:1-28

  • Moenie goeie met slegte terugbetaal nie (13)

  • Gaan weg voordat stryery begin (14)

  • Ware vriend betoon altyd liefde (17)

  • “Vreugdevolle hart is soos goeie medisyne” (22)

  • Man met insig hou woorde terug (27)

17  ’n Stuk droë brood waar daar vrede* is,+is beter as ’n feesmaal in ’n huis* waar daar gestry word.+   ’n Kneg wat insig het, sal heers oor ’n seun wat skandelik optree. Hy sal saam met die broers ’n erfdeel kry.   Die smeltpot is vir silwer en die smeltoond vir goud,+maar Jehovah is die Een wat harte ondersoek.+   Die goddelose man skenk aandag aan skadelike praatjies,en ’n bedrieglike man luister na ’n gemene tong.+   Die een wat ’n arm persoon spot, beledig sy Maker,+en die een wat bly is oor ’n ander se ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.+   Kleinkinders is ’n kroon vir oumense,en ouers* is die trots van hulle kinders.*   Opregte* woorde pas nie by ’n dwaas nie.+ Nog minder pas leuens by ’n heerser!+   ’n Geskenk is soos ’n edelsteen vir die eienaar daarvan.+ Waar hy ook al gaan, bring dit vir hom sukses.+   Die een wat ’n oortreding vergewe,* bevorder liefde,+maar die een wat oor ’n oortreding bly praat, dryf goeie vriende uitmekaar.+ 10  ’n Teregwysing het ’n groter uitwerking op ’n verstandige persoon+as wat 100 houe op ’n dwaas het.+ 11  ’n Slegte mens stel net belang in opstandigheid,maar ’n wrede boodskapper sal gestuur word om hom te straf.+ 12  Dit is beter om ’n beer teë te kom wie se kleintjies afgevat isas om ’n dwaas in al sy dwaasheid teë te kom.+ 13  As iemand die goeie met die slegte terugbetaal,sal daar altyd rampspoed in sy huis wees.+ 14  As ’n stryery begin, is dit asof ’n dam se sluise oopgemaak word. Gaan dus weg voordat die stryery begin.+ 15  Die een wat die goddelose onskuldig verklaar en die een wat die regverdige skuldig verklaar+– hulle albei is vir Jehovah afskuwelik. 16  Wat baat dit dat die dwaas die geleentheid het om wysheid te verkryas hy dit nie wil verkry nie?*+ 17  ’n Ware vriend betoon altyd liefde+en is ’n broer gedurende* moeilike tye.+ 18  ’n Onverstandige man maak ’n ooreenkoms* en stem in om borg te staan in die teenwoordigheid van sy naaste.+ 19  Die een wat daarvan hou om te stry, hou van oortreding.+ Iemand wat sy ingang hoog maak, soek sy eie ondergang.+ 20  Die een wat ’n slegte hart het, sal nie suksesvol wees nie,+en die een wat bedrieglike dinge sê, kom tot ’n val. 21  Die pa van ’n dwase kind sal hartseer ondervind,en die pa van ’n verstandelose kind het geen vreugde nie.+ 22  ’n Vreugdevolle hart is soos goeie medisyne,+maar ’n gebroke gees beroof jou van jou krag.*+ 23  ’n Goddelose man sal ’n omkoopgeskenk in die geheim aanvaarom die reg te verdraai.+ 24  Iemand wat insig het, hou wysheid voor oë,maar die gedagtes* van die dwaas dwaal oral rond.+ 25  ’n Dwase seun maak sy pa hartseeren bring trane* vir sy ma.+ 26  Dit is nie goed om die regverdige te straf* nie,en dit is nie reg om gerespekteerde mense te slaan nie. 27  ’n Man wat kennis het, hou sy woorde terug,+en ’n man wat insig het, sal kalm bly.+ 28  Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is,en wanneer iemand sy mond toehou, kan dit lyk of hy verstandig is.

Voetnote

Lett. “as ’n huis vol offerandes”.
Of “stilte”.
Lett. “pa’s”.
Lett. “seuns”.
Of “Goeie”.
Lett. “bedek”.
Of “geen verstand het nie”.
Of “is ’n broer wat gebore is vir”.
Lett. “skud hand”.
Of “droog die gebeente uit”.
Lett. “oë”.
Lett. “bitterheid”.
Of “beboet”.