Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wend jou tot God vir hulp

Wend jou tot God vir hulp

Wend jy jou tot God vir hulp om jou kinders groot te maak?

“Toe my man my en die kinders verlaat het, het ek God gevra om ons te onderskraag. Hy het my gebed verhoor. Ons het nooit iets noodsaakliks kortgekom nie. Hy het ons gehelp en gelei.”—MAKI, JAPAN.

IN VANDAG se toenemend materialistiese wêreld dink mense oor die algemeen min aan God. Maar ons Skepper stel in ons belang en wil hê dat ons suksesvol moet wees. Sy gevoelens word goed beskryf in Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, want ek is met jou. . . . Ek sal jou werklik help.”

In die vorige artikel het ons bespreek hoe God ons help deur middel van die heilsame waardes wat in die Bybel gevind word (2 Timoteus 3:16). Maar die Bybel voorsien nie net riglyne nie. Dit openbaar ook God se wonderlike persoonlikheid en sy liefde vir ons. Gevolglik ervaar ons in werklikheid God se goedheid wanneer ons Bybelleringe in ons lewe toepas, soos talle Christenouers—getroud en ongetroud—al ondervind het.

Robert, Oostenryk: “Jehovah God is ’n beter vader of moeder as enigeen van ons. Hy weet wat ons kinders nodig het, en hy weet hoe om hulle te beskerm. Daarom bid ek dikwels saam met my dogter tot hom.”

Ajoesa, Japan: “Dit maak my baie bly wanneer ek sien hoe my seun sy vertroue in Jehovah se ondersteuning toon deur te sê: ‘Jehovah is met ons; alles sal goed uitdraai.’”

Cristina, Italië: “Wanneer dit lyk asof ek ’n probleem nie kan oplos nie, bid ek tot Jehovah en laat ek sake in sy hande. Dan ervaar ek onmiddellik innerlike vrede omdat ek weet dat die probleem op die beste manier uitgestryk sal word.”

Laurentine, Frankryk: “Ek kan bevestig dat Jehovah my as ’n enkelouer geseën het. Hy snel die geteisterdes en die vaderlose of moederlose kinders beslis te hulp.”

Keiko, Japan: “God is nie partydig nie. Hy wil op tere wyse vir alle gesinne sorg, hetsy hulle twee ouers het of net een.”—Handelinge 10:34.

Jesus Christus het God se medelye vir ons en Sy besorgdheid oor ons weerspieël toe hy gesê het: “Kom na my toe, almal wat swoeg en swaar belaai is, en ek sal julle verkwik . . . , want ek is saggeaard en nederig van hart, en julle sal verkwikking vir julle siele vind” (Matteus 11:28-30). Jesus en sy hemelse Vader, Jehovah God, wil beslis hê dat ons veilig moet voel onder hulle liefdevolle sorg. In Psalm 34:8 lees ons: “Smaak en sien dat Jehovah goed is.” Ja, God wil hê dat jy self moet sien dat sy raad betroubaar is, dat hy jou belange op die hart dra. Sal jy sy vaderlike uitnodiging aanvaar?