Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Die kollig val op godsdiens

Die kollig val op godsdiens

Godsdiens is veronderstel om eenheid te bevorder. Maar alte dikwels veroorsaak dit konflik en wantroue.

Wêreld

Meer as driekwart van die wêreld se bevolking woon in lande waar godsdiensbedrywighede streng beperk word, hetsy as gevolg van die amptelike beleid of vyandige optrede deur persone of groepe in die gemeenskap. In ’n onlangse tydperk van vyf jaar het die aantal lande waar daar gevalle van geweld teen godsdiensminderhede was, byna verdubbel.

IETS OM OOR TE DINK: Om watter teenstellende redes is party mense vyandig teenoor godsdiens?—Matteus 23:27, 28; Johannes 15:19.

Engeland

Die voormalige eerste minister Tony Blair het in die Observer geskryf dat die beweegrede agter onlangse terreurdade dikwels “’n misbruik van godsdiens” is. Hy voeg by: “Dit is minder waarskynlik dat die oorloë van hierdie eeu die gevolg sal wees van ekstremistiese politieke beskouings—soos dié van die 20ste eeu. Dit is meer waarskynlik dat dit die gevolg sal wees van kulturele of godsdiensverskille.”

IETS OM OOR TE DINK: Waarom veroorsaak godsdiens so dikwels verdeeldheid?—Markus 7:6-8.

Australië

Volgens die Australiese Buro vir Statistieke sê 1 uit  5 Australiërs dat hulle nie aan ’n godsdiens behoort nie. En “om aan ’n godsdiens te behoort, is nie dieselfde as om ’n aktiewe lid van ’n godsdiens te wees nie”, sê die verslag. Net 15 persent van die mans en 22 persent van die vroue wat aan ’n godsdiens behoort, sê dat hulle aktiewe lede van ’n godsdiens of ’n geestelike groep is.

IETS OM OOR TE DINK: Watter negatiewe kenmerke kan in baie godsdiensorganisasies van vandag gesien word?—Matteus 7:15-20.