Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | IS BYBELBEGINSELS OP ONS TYD VAN TOEPASSING?

Waardes wat nommerpas en tydloos is—Selfbeheersing

Waardes wat nommerpas en tydloos is—Selfbeheersing

BYBELBEGINSEL: “’n Sot laat al sy gees uit, maar hy wat wys is, hou dit tot op die laaste kalm.”Spreuke 29:11.

“Ek voel asof ek uit die dode opgewek is!”

DIE VOORDELE: As jy al die voordele van selfbeheersing moes neerskryf, sou jy rolle en rolle papier nodig gehad het! Op die allerminste beskerm hierdie eienskap ons gesondheid. “’n Kalm hart is die lewe [of, “gesondheid”, voetnoot in NW] van die vlees”, sê die Bybel. Dit sê ook: “’n Vreugdevolle hart is ’n goeie geneesmiddel” (Spreuke 14:30; 17:22). In teenstelling hiermee toon studies dat mense wat ’n vinnige humeur het en geneig is tot vyandigheid, ’n groter risiko loop om gesondheidsprobleme, veral hartvatsiekte, te ontwikkel. Maar selfbeheersing hou natuurlik baie meer voordele in as net dié wat met gesondheid verband hou.

Cassius, wat nou in sy 30’s is, vertel: “Ek was skoorsoekerig, het gou kwaad geword en het dikwels ’n bakleiery begin. Ek het baie min selfrespek gehad. Maar dit alles het verander toe ek Bybelbeginsels begin toepas het. Ek het geleer om my humeur te beteuel en om nederig en vergewensgesind te wees. Anders sou ek dalk in die tronk beland het. Om die waarheid te sê, ek voel asof ek uit die dode opgewek is!”

Cassius het geleer om sy humeur te beteuel en vergewensgesind te wees