Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Psalms

Hoofstukke

Oorsig

  • 1

    • Twee verskillende weë

      • Verkry geluk deur God se wet te lees (2)

      • Regverdiges soos vrugbare boom (3)

      • Goddeloses soos kaf wat weggewaai word (4)

  • 2

    • Jehovah en sy gesalfde

      • Jehovah lag vir nasies (4)

      • Jehovah huldig sy koning in (6)

      • Eer die seun (12)

  • 3

    • Vertroue in God ondanks gevaar

      • ‘Hoekom so baie vyande?’ (1)

      • “Redding behoort aan Jehovah” (8)

  • 4

    • Gebed van vertroue in God

      • “Wees kwaad, maar moenie sondig nie” (4)

      • ‘Ek sal in vrede slaap’ (8)

  • 5

    • Jehovah beskerm regverdiges

      • God haat goddeloosheid (4, 5)

      • “Lei my in u regverdigheid” (8)

  • 6

    • Versoek om genade

      • Dooies loof God nie (5)

      • God hoor smeekgebede (9)

  • 7

    • Jehovah, ’n regverdige Regter

      • “Oordeel my, o Jehovah” (8)

  • 8

    • God se heerlikheid; mens se waardigheid

      • “Hoe groot is u naam tog!” (1, 9)

      • “Wat is die sterflike mens dat u aan hom dink?” (4)

      • Mens met prag gekroon (5)

  • 9

    • God se wonderlike werke bekend gemaak

      • Jehovah, ’n veilige skuilplek (9)

      • Dié wat God se naam ken, vertrou op hom (10)

  • 10

    • Jehovah help die hulpeloses

      • Goddelose sê: “Daar is geen God nie” (4)

      • Hulpeloses kom na Jehovah toe (14)

      • “Jehovah is Koning vir ewig” (16)

  • 11

    • Soek beskerming by Jehovah

      • “Jehovah is in sy heilige tempel” (4)

      • God haat enigeen wat geweld liefhet (5)

  • 12

    • Jehovah staan op om op te tree

      • God se woorde is suiwer (6)

  • 13

    • Verlange na Jehovah se redding

      • “Hoe lank, o Jehovah?” (1, 2)

      • Jehovah beloon ryklik (6)

  • 14

    • Beskrywing van dwase

      • “Daar is geen Jehovah nie” (1)

      • “Niemand doen wat goed is nie” (3)

  • 15

    • Wie mag ’n gas in Jehovah se tent wees?

      • Hy praat die waarheid in sy hart (2)

      • Hy laster nie (3)

      • Hy hou sy beloftes, al is dit sleg vir hom (4)

  • 16

    • Jehovah, Bron van goeie dinge

      • ‘Jehovah is my deel’ (5)

      • ‘My gedagtes wys my tereg in die nag’ (7)

      • ‘Jehovah aan my regterhand’ (8)

      • “U sal my nie in die Graf los nie” (10)

  • 17

    • Gebed vir beskerming

      • “U het my hart ondersoek” (3)

      • “In die skaduwee van u vlerke” (8)

  • 18

    • God geloof vir redding

      • “Jehovah is my groot rots” (2)

      • Jehovah, lojaal aan lojales (25)

      • God se weg is volmaak (30)

      • “U nederigheid maak my groot” (35)

  • 19

    • God se skepping en wet is getuies

      • ‘Hemele maak God se heerlikheid bekend’ (1)

      • God se volmaakte wet gee nuwe krag (7)

      • “Sondes waarvan ek nie bewus is nie” (12)

  • 20

    • Redding vir God se gesalfde koning

      • ‘Party vertrou op strydwaens en perde, maar ons roep Jehovah se naam aan’ (7)

  • 21

    • Seëninge vir koning wat op Jehovah vertrou

      • Lang lewe vir koning (4)

      • God se vyande sal vernietig word (8-12)

  • 22

    • Van hopeloosheid tot lof

      • “My God, waarom het u my verlaat?” (1)

      • “Hulle werp die lot oor my klere” (18)

      • God word in gemeente geloof (22, 25)

      • Hele aarde sal God aanbid (27)

  • 23

    • “Jehovah is my Herder”

      • “Ek sal niks kortkom nie” (1)

      • “Hy gee my nuwe krag” (3)

      • “My beker is heeltemal vol” (5)

  • 24

    • Glorieryke Koning gaan by poorte in

      • “Aan Jehovah behoort die aarde” (1)

  • 25

    • Gebed vir leiding en vergifnis

      • “Leer my u paaie” (4)

      • “Hegte vriendskap met Jehovah” (14)

      • “Vergewe al my sondes” (18)

  • 26

    • Die weg van integriteit

      • “Ondersoek my, o Jehovah” (2)

      • Vermy slegte assosiasie (4, 5)

      • ‘Ek sal om God se altaar loop’ (6)

  • 27

    • Jehovah, vesting van my lewe

      • Waardering vir God se tempel (4)

      • Jehovah gee om, al gee ouers nie om nie (10)

      • “Hoop op Jehovah” (14)

  • 28

    • Psalmis se gebed gehoor

      • ‘Jehovah, my sterkte en skild’ (7)

  • 29

    • Jehovah se kragtige stem

      • Aanbidding in heilige klere (2)

      • God se stem soos donderslae (3)

      • Jehovah gee sy volk krag (11)

  • 30

    • Getreur in vreugde verander

      • God se goedkeuring is lewenslank (5)

  • 31

    • Soek beskerming by Jehovah

      • “In u hand gee ek my gees oor” (5)

      • “Jehovah, die God van waarheid” (5)

      • God se oorvloedige goedheid (19)

  • 32

    • Gelukkig is dié wat vergewe word

      • ‘Ek het my sonde aan u bely’ (5)

      • God gee insig (8)

  • 33

    • Skepper word geloof

      • “Sing vir hom ’n nuwe lied” (3)

      • Skepping deur Jehovah se woord en gees (6)

      • Jehovah se nasie is gelukkig (12)

      • Jehovah se waaksame oog (18)

  • 34

    • Jehovah red sy knegte

      • “Laat ons sy naam saam verheerlik” (3)

      • Jehovah se engel beskerm (7)

      • “Ondervind en sien self dat Jehovah goed is” (8)

      • ‘Nie een van sy bene gebreek nie’ (20)

  • 35

    • Gebed om van vyande gered te word

      • Vyande sal weggedryf word (5)

      • God onder skares geloof (18)

      • Sonder rede gehaat (19)

  • 36

    • God se kosbare lojale liefde

      • Goddelose vrees God nie (1)

      • God, die bron van lewe (9)

      • “Deur u lig kan ons lig sien” (9)

  • 37

    • Voorspoed vir dié wat op Jehovah vertrou

      • Moenie ontsteld wees as gevolg van goddeloses nie (1)

      • “Vind jou grootste vreugde in Jehovah” (4)

      • “Laat jou weg aan Jehovah oor” (5)

      • “Die nederiges sal die aarde besit” (11)

      • Regverdige sal nie na brood soek nie (25)

      • Regverdiges sal vir ewig op aarde lewe (29)

  • 38

    • Gebed van berouvolle wat ly

      • “Angstig en baie mismoedig” (6)

      • Jehovah luister na dié wat op hom wag (15)

      • “My sonde het my gepla” (18)

  • 39

    • Die lewe is kort

      • Mens is soos asem (5, 11)

      • “Moenie my trane ignoreer nie” (12)

  • 40

    • Dank aan onvergelyklike God

      • God se werke te veel om te noem (5)

      • Offerandes nie belangrikste vir God nie (6)

      • ‘Vreugde om u wil te doen’ (8)

  • 41

    • Gebed op siekbed

      • God ondersteun die sieke (3)

      • Verraai deur hegte vriend (9)

  • 42

    • God geloof as Groot Redder

      • Verlang na God soos takbok na water (1, 2)

      • “Hoekom het ek alle moed verloor?” (5, 11)

      • “Wag op God” (5, 11)

  • 43

    • God is Regter en Redder

      • “Stuur u lig en u waarheid uit” (3)

      • “Hoekom het ek alle moed verloor?” (5)

      • “Wag op God” (5)

  • 44

    • Gebed vir hulp

      • ‘Dit was u wat ons gered het’ (7)

      • Soos “skape wat geslag moet word” (22)

      • “Staan tog op as ons helper!” (26)

  • 45

    • Gesalfde koning se huwelik

      • Aangename woorde (2)

      • “God is u troon vir ewig” (6)

      • Koning verlang na bruid se skoonheid (11)

      • Seuns as hoofde regoor aarde (16)

  • 46

    • “God is ons skuilplek”

      • God se verstommende werke (8)

      • God beëindig oorloë regoor aarde (9)

  • 47

    • God, Koning oor hele aarde

      • ‘Jehovah is ontsagwekkend’ (2)

      • Sing lofliedere vir God (6, 7)

  • 48

    • Sion, stad van die Groot Koning

      • Vreugde van hele aarde (2)

      • Ondersoek stad en torings (11-13)

  • 49

    • Onverstandig om op rykdom te vertrou

      • Geen mens kan ander loskoop nie (7, 8)

      • God koop mense los uit Graf (15)

      • Rykdom kan nie van die dood red nie (16, 17)

  • 50

    • God oordeel tussen lojales en goddeloses

      • God se verbond deur middel van ’n offerande (5)

      • “God is Regter” (6)

      • Alle diere behoort aan God (10, 11)

      • God openbaar slegtheid van goddeloses (16-21)

  • 51

    • Gebed van berouvolle

      • In sonde nog voor geboorte (5)

      • “Reinig my van my sonde” (7)

      • “Skep ’n suiwer hart in my” (10)

      • Verpletterde hart vir God aangenaam (17)

  • 52

    • Vertroue in God se lojale liefde

      • Dié wat oor goddeloosheid spog, gewaarsku (1-5)

      • Goddeloses vertrou op rykdom (7)

  • 53

    • Beskrywing van dwases

      • “Daar is geen Jehovah nie” (1)

      • “Niemand doen wat goed is nie” (3)

  • 54

    • Gebed vir hulp wanneer vyande dreig

      • “God is my helper” (4)

  • 55

    • Gebed van iemand wat deur vriend verraai is

      • Uitgetart deur hegte vriend (12-14)

      • “Gee jou las vir Jehovah” (22)

  • 56

    • Gebed tydens vervolging

      • “In God stel ek my vertroue” (4)

      • “My trane in u leersak” (8)

      • “Wat kan ’n mens aan my doen?” (4, 11)

  • 57

    • Smeekgebed

      • Beskerming onder God se vlerke (1)

      • Vyande val in hulle eie strik (6)

  • 58

    • Daar is ’n God wat aarde oordeel

      • Gebed om goddeloses te straf (6-8)

  • 59

    • God, ’n skild en ’n skuilplek

      • ‘Moenie genade betoon aan verraaiers nie’ (5)

      • “Ek sal van u krag sing” (16)

  • 60

    • God onderwerp vyande

      • Redding deur mense is waardeloos (11)

      • “Deur God sal ons krag kry” (12)

  • 61

    • God, ’n sterk toring teen vyande

      • ‘Ek sal ’n gas in u tent wees’ (4)

  • 62

    • Ware redding kom van God

      • “Ek wag in stilte op God” (1, 5)

      • ‘Stort julle hart voor God uit’ (8)

      • Mense is soos asem (9)

      • Moenie op rykdom vertrou nie (10)

  • 63

    • Verlange na God

      • “U lojale liefde is beter as die lewe” (3)

      • “Versadig met die beste” (5)

      • Peins oor God gedurende nag (6)

      • ‘Ek klou vas aan God’ (8)

  • 64

    • Beskerming teen slinkse aanvalle

      • “God sal op hulle skiet” (7)

  • 65

    • God sorg vir aarde

      • “Hoorder van gebed” (2)

      • Gelukkig is die een wat deur u gekies word (4)

      • God se oorvloedige goedheid (11)

  • 66

    • God se ontsagwekkende werke

      • ‘Kom en sien God se werke’ (5)

      • “Ek sal my geloftes aan u betaal” (13)

      • God luister na gebede (18-20)

  • 67

    • Eindes van aarde sal God vrees

      • God se weg sal bekend wees (2)

      • ‘Laat al die volke God prys’ (3, 5)

      • “God sal ons seën” (6, 7)

  • 68

    • ‘Laat God se vyande verstrooi word’

      • “Vader van vaderlose kinders” (5)

      • God gee huis aan dié wat alleen is (6)

      • Vrouens verkondig goeie nuus (11)

      • Gawes in vorm van mense (18)

      • ‘Jehovah dra elke dag ons vrag’ (19)

  • 69

    • Gebed vir redding

      • “Ywer vir u huis het my verteer” (9)

      • “Antwoord my gou” (17)

      • ‘Hulle het my asyn laat drink’ (21)

  • 70

    • Dringende versoek om hulp

      • “Tree tog gou vir my op” (5)

  • 71

    • Die vertroue van bejaardes

      • Vertroue op God van jongs af (5)

      • “Wanneer ek nie meer krag het nie” (9)

      • ‘God het my van jongs af geleer’ (17)

  • 72

    • Vreedsame heerskappy van God se koning

      • ‘Regverdige sal floreer’ (7)

      • Onderdane van see tot see (8)

      • Redding van geweld (14)

      • Volop graan op aarde (16)

      • God se naam sal vir ewig geloof word (19)

  • 73

    • Godvresende man kry sy geestelike balans terug

      • “My voete het amper afgedwaal” (2)

      • “Die hele dag lank was ek ongelukkig” (14)

      • ‘Totdat ek in God se heiligdom ingegaan het’ (17)

      • Goddeloses op glibberige grond (18)

      • Goed om nader aan God te kom (28)

  • 74

    • Gebed dat God aan sy volk sal dink

      • God se reddingsdade opgenoem (12-17)

      • “Dink aan hoe die vyand u uittart” (18)

  • 75

    • God oordeel met regverdigheid

      • Goddeloses sal uit Jehovah se beker drink (8)

  • 76

    • God se oorwinning oor Sion se vyande

      • God red nederiges (9)

      • Trotse vyande sal verneder word (12)

  • 77

    • Gebed in tyd van rampspoed

      • Dink na oor God se werke (11, 12)

      • ‘Wie is so groot soos u, o God?’ (13)

  • 78

    • God se sorg; Israel se gebrek aan geloof

      • Vertel toekomstige geslag (2-8)

      • ‘Hulle het nie geloof in God gestel nie’ (22)

      • “Graan van die hemel” (24)

      • “Hulle het die Heilige van Israel hartseer gemaak” (41)

      • Van Egipte na Beloofde Land (43-55)

      • ‘Hulle het God bly uitdaag’ (56)

  • 79

    • Gebed toe nasies God se volk aangeval het

      • ‘Ons is ’n bespotting’ (4)

      • ‘Help ons ter wille van u naam’ (9)

      • “Betaal ons bure sewe keer terug” (12)

  • 80

    • Versoek aan Israel se Herder om weer sy goedkeuring te geniet

      • “O God, laat ons weer u goedkeuring geniet” (3)

      • Israel as God se wingerdstok (8-15)

  • 81

    • Aansporing om gehoorsaam te wees

      • Moenie uitlandse gode aanbid nie (9)

      • ‘As julle maar net wou luister’ (13)

  • 82

    • Versoek om regverdig te oordeel

      • God oordeel tussen “die gode” (1)

      • “Verdedig die hulpeloses” (3)

      • “Julle is gode” (6)

  • 83

    • Gebed wanneer vyande dreig

      • “O God, moenie stilbly nie” (1)

      • Vyande soos rolbos (13)

      • God se naam is Jehovah (18)

  • 84

    • Verlange na God se groot tabernakel

      • Leviet se verlange om soos voël te wees (3)

      • “’n Dag in u voorhowe” (10)

      • “God is ’n son en ’n skild” (11)

  • 85

    • Gebed om weer God se goedkeuring te geniet

      • God sal oor vrede praat met lojales (8)

      • Lojale liefde en getrouheid sal ontmoet (10)

  • 86

    • Geen god soos Jehovah nie

      • Jehovah gereed om te vergewe (5)

      • Al die nasies sal Jehovah aanbid (9)

      • ‘Onderrig my oor u weg’ (11)

      • “Verenig my hart” (11)

  • 87

    • Sion, stad van ware God

      • Dié wat in Sion gebore is (4-6)

  • 88

    • Gebed om van dood gered te word

      • “My lewe is op die randjie van die Graf” (3)

      • ‘Elke oggend bid ek tot u’ (13)

  • 89

    • Lied oor Jehovah se lojale liefde

      • Verbond met Dawid (3)

      • Dawid se nageslag sal vir ewig bestaan (4)

      • God se gesalfde noem Hom “Vader” (26)

      • Verbond met Dawid stewig gevestig (34-37)

      • Mens kan nie Graf vryspring nie (48)

  • 90

    • God bestaan vir ewig; mens se lewe is kort

      • Duisend jaar is soos gister (4)

      • Mens lewe 70-80 jaar (10)

      • ‘Leer ons om ons dae te tel’ (12)

  • 91

    • Beskerming in God se geheime plek

      • Gered van voëlvanger (3)

      • Beskerming onder God se vlerke (4)

      • Veilig, al val duisende (7)

      • Engele beveel om beskerming te bied (11)

  • 92

    • Jehovah vir ewig hoog bo almal

      • Sy groot werke en diep gedagtes (5)

      • ‘Regverdiges sal floreer soos boom’ (12)

      • Bejaardes sal aanhou floreer (14)

  • 93

    • Jehovah se glorieryke heerskappy

      • “Jehovah het Koning geword!” (1)

      • ‘U herinneringe is betroubaar’ (5)

  • 94

    • Gebed dat God wraak sal neem

      • “Hoe lank sal die goddeloses aanhou?” (3)

      • Jah se dissipline bring geluk (12)

      • God sal sy volk nie verlaat nie (14)

      • ‘Moeilikheid in naam van wet’ (20)

  • 95

    • Ware aanbidding vereis gehoorsaamheid

      • “Vandag, as julle na sy stem luister” (7)

      • ‘Moenie julle hart verhard nie’ (8)

      • “Hulle sal nie in my rus ingaan nie” (11)

  • 96

    • “Sing vir Jehovah ’n nuwe lied”

      • Jehovah verdien al die eer (4)

      • Volke se gode is waardeloos (5)

      • Aanbid in heilige klere (9)

  • 97

    • Jehovah ver bo ander gode

      • “Jehovah het Koning geword!” (1)

      • Wees lief vir Jehovah, haat wat sleg is (10)

      • Lig vir regverdige (11)

  • 98

    • Jehovah, Redder en regverdige Regter

      • Jehovah se redding bekend gemaak (2, 3)

  • 99

    • Jehovah, heilige Koning

      • Op sy troon bo gerubs (1)

      • ’n God wat vergewe en straf (8)

  • 100

    • Skepper word gedank

      • “Dien Jehovah met blydskap” (2)

      • ‘Dit is God wat ons gemaak het’ (3)

  • 101

    • Heerser wat met integriteit optree

      • ‘Ek sal trots nie verdra nie’ (5)

      • ‘Ek sal my oog op getroues hou’ (6)

  • 102

    • Gebed van onderdrukte wat hoop verloor het

      • “Ek is soos ’n eensame voël” (7)

      • “My dae is soos ’n skaduwee” (11)

      • “Jehovah sal Sion herbou” (16)

      • Jehovah bestaan vir ewig (26, 27)

  • 103

    • “Ek sal Jehovah loof”

      • God verwyder ons sondes ver van ons af (12)

      • God se vaderlike genade (13)

      • God hou in gedagte dat ons stof is (14)

      • Jehovah se troon en koningskap (19)

      • Engele voer God se woord uit (20)

  • 104

    • God geloof vir wonders van skepping

      • Aarde sal vir ewig bly bestaan (5)

      • Wyn en brood vir sterflike mens (15)

      • “Hoe baie is u werke!” (24)

      • ‘As hulle gees weggeneem word, sterf hulle’ (29)

  • 105

    • Jehovah se dade van getrouheid teenoor sy volk

      • God onthou sy verbond (8-10)

      • “Moenie aan my gesalfdes raak nie” (15)

      • Josef deur God gebruik (17-22)

      • God se wonderwerke in Egipte (23-36)

      • Israel se uittog uit Egipte (37-39)

      • God dink aan belofte aan Abraham (42)

  • 106

    • Israel se gebrek aan waardering

      • Hulle het God se dade gou vergeet (13)

      • God se heerlikheid verruil vir beeld van bul (19, 20)

      • Geen geloof in God se belofte nie (24)

      • Hulle het Baäl begin aanbid (28)

      • Kinders aan demone geoffer (37)

  • 107

    • Dank God vir sy wonderlike werke

      • Hy het hulle regte pad laat volg (7)

      • Hy het hulle dors geles, hulle honger gestil (9)

      • Hy het hulle uit donkerte uitgebring (14)

      • Hy het sy woord gestuur en hulle genees (20)

      • Hy beskerm armes teen onderdrukking (41)

  • 108

    • Gebed vir oorwinning oor vyande

      • Redding deur mense waardeloos (12)

      • “Deur God sal ons krag kry” (13)

  • 109

    • Gebed van man wat teëgestaan word

      • ‘Laat iemand anders sy amp neem’ (8)

      • God staan aan arm man se sy (31)

  • 110

    • Koning en priester soos Melgisedek

      • ‘Onderwerp jou vyande’ (2)

      • Gewillige jongmense soos doudruppels (3)

  • 111

    • Prys Jehovah vir sy groot werke

      • God se naam is heilig en ontsagwekkend (9)

      • Vrees vir Jehovah is wysheid (10)

  • 112

    • Regverdige man vrees Jehovah

      • Dit sal goed gaan met man wat vrygewig is en uitleen (5)

      • “Regverdige sal vir ewig onthou word” (6)

      • Vrygewige gee vir armes (9)

  • 113

    • God in die hoogtes tel hulpelose op

      • Jehovah se naam sal vir ewig geloof word (2)

      • God buig neer (6)

  • 114

    • Israel se verlossing uit Egipte

      • See het gevlug (5)

      • Berge het soos ramme rondgehuppel (6)

      • Vuurkliprots in waterfontein verander (8)

  • 115

    • Heerlikheid aan God alleen

      • Lewelose afgode (4-8)

      • Aarde aan mense gegee (16)

      • “Dooies loof Jah nie” (17)

  • 116

    • Lied van dankbaarheid

      • “Waarmee sal ek Jehovah terugbetaal?” (12)

      • “Ek sal die beker van redding optel” (13)

      • “Ek sal my geloftes aan Jehovah betaal” (14, 18)

      • Dood van lojales ’n groot verlies (15)

  • 117

    • Alle nasies moet Jehovah loof

      • God se lojale liefde is groot (2)

  • 118

    • Dank vir Jehovah se oorwinning

      • ‘Ek het Jah aangeroep; hy het geantwoord’ (5)

      • “Jehovah is aan my kant” (6, 7)

      • Verwerpte steen sal belangrikste hoeksteen word (22)

      • ‘Die een wat in Jehovah se naam kom’ (26)

  • 119

    • Waardering vir God se kosbare woord

      • ‘Hoe kan jongmense hulle pad rein hou?’ (9)

      • “Ek is lief vir u herinneringe” (24)

      • “U woord is my hoop” (74, 81, 114)

      • “Hoe lief is ek tog vir u wet!” (97)

      • “Meer insig as al my onderrigters” (99)

      • “U woord is ’n lamp vir my voet” (105)

      • ‘Inhoud van u woord is waarheid’ (160)

      • Vrede vir dié wat God se wet liefhet (165)

  • 120

    • Uitlander se verlange na vrede

      • ‘Red my van bedrieglike tong’ (2)

      • “Ek wil vrede hê” (7)

  • 121

    • Jehovah beskerm sy volk

      • “My hulp kom van Jehovah” (2)

      • Jehovah slaap nooit nie (3, 4)

  • 122

    • Gebed vir vrede van Jerusalem

      • Vreugde om na Jehovah se huis te gaan (1)

      • Stad wat hegte eenheid vorm (3)

  • 123

    • Versoek om Jehovah se goedheid

      • ‘Soos slawe, is ons oë op Jehovah’ (2)

      • “Ons het al te veel bespotting verduur” (3)

  • 124

    • “As Jehovah nie met ons was nie”

      • Uit gebreekte strik ontsnap (7)

      • “Ons hulp is in die naam van Jehovah” (8)

  • 125

    • Jehovah beskerm sy volk

      • “Soos berge Jerusalem omring” (2)

      • “Mag daar vrede oor Israel wees” (5)

  • 126

    • Vreugdevolle herstel van Sion

      • ‘Jehovah het groot dinge gedoen’ (3)

      • Van trane tot vreugde (5, 6)

  • 127

    • Sonder God is alles verniet

      • “As Jehovah nie die huis bou nie” (1)

      • Kinders, beloning van God (3)

  • 128

    • Gelukkig is dié wat Jehovah vrees

      • Vrou soos vrugbare wingerdstok (3)

      • “Mag jy Jerusalem sien floreer” (5)

  • 129

    • Aangeval, maar nie oorwin nie

      • Dié wat Sion haat, sal verneder word (5)

  • 130

    • “Uit die dieptes roep ek tot u”

      • “As u boekgehou het van oortredings” (3)

      • Ware vergifnis by Jehovah (4)

      • “Ek wag gretig op Jehovah” (6)

  • 131

    • Tevrede soos klein kindjie

      • ‘Ek streef nie na dinge wat te groot is nie’ (1)

  • 132

    • Dawid en Sion gekies

      • ‘Moenie u gesalfde verwerp nie’ (10)

      • Sion se priesters met redding beklee (16)

  • 133

    • Broers wat in eenheid bymekaar woon

      • Soos olie op Aäron se kop (2)

      • Soos dou van Hermon (3)

  • 134

    • Loof God in die nagte

      • “Lig julle hande op in heiligheid” (2)

  • 135

    • Loof Jah vir sy grootheid

      • Tekens en wonderwerke teen Egipte (8, 9)

      • “U naam bly vir ewig” (13)

      • Lewelose afgode (15-18)

  • 136

    • Jehovah se lojale liefde duur vir ewig

      • Hemel en aarde met vaardigheid gemaak (5, 6)

      • Farao het in Rooisee gesterf (15)

      • God dink aan dié wat vernederd is (23)

      • Voedsel aan alles wat lewe (25)

  • 137

    • By riviere van Babilon

      • Geen liedere van Sion gesing nie (3, 4)

      • Babilon sal vernietig word (8)

  • 138

    • Al is God hoog bo alles, gee hy om

      • ‘U het my gebed beantwoord’ (3)

      • ‘Selfs tussen gevare red u my’ (7)

  • 139

    • God ken sy knegte goed

      • Onmoontlik om van God se gees te vlug (7)

      • ‘Ek is wonderlik gemaak’ (14)

      • ‘U het my as embrio gesien’ (16)

      • “Lei my op die weg van die ewigheid” (24)

  • 140

    • Jehovah, die sterk Redder

      • Goddelose mense is soos slange (3)

      • Gewelddadige mense sal val (11)

  • 141

    • Gebed vir beskerming

      • “Mag my gebed wees soos reukwerk” (2)

      • Regverdige se dissipline is soos olie (5)

      • Goddeloses val in hulle eie nette (10)

  • 142

    • Gebed om van vervolgers gered te word

      • “Ek kan nêrens heen vlug nie” (4)

      • ‘U is al wat ek het’ (5)

  • 143

    • Dors na God soos dorre land

      • ‘Ek dink na oor u werke’ (5)

      • “Leer my om u wil te doen” (10)

      • ‘Mag u goeie gees my lei’ (10)

  • 144

    • Gebed vir oorwinning

      • ‘Wat is sterflike mens?’ (3)

      • ‘Laat vyande verstrooi word’ (6)

      • Gelukkig is Jehovah se volk (15)

  • 145

    • Loof God, die groot Koning

      • ‘Ek sal God se grootheid bekend maak’ (6)

      • “Jehovah is goed vir almal” (9)

      • “U lojales sal u loof” (10)

      • God se ewige koningskap (13)

      • God se hand bevredig begeerte van alles wat lewe (16)

  • 146

    • Vertrou op God, nie op mense nie

      • By dood kom mens se gedagtes tot einde (4)

      • God help mense op wat onder probleme gebuk gaan (8)

  • 147

    • God geloof vir sy liefdevolle en kragtige werke

      • Hy genees dié wie se hart gebreek is (3)

      • Hy noem sterre by naam (4)

      • Hy stuur sneeu soos wol (16)

  • 148

    • Hele skepping moet Jehovah loof

      • “Loof hom, al sy engele” (2)

      • ‘Loof hom, son, maan en sterre’ (3)

      • Jonk en oud moet God loof (12, 13)

  • 149

    • Lied om God te loof vir sy oorwinning

      • God vind vreugde in sy volk (4)

      • Eer behoort aan God se lojales (9)

  • 150

    • Laat alles wat asemhaal, Jah loof

      • Halleluja! (1, 6)