Psalms 44:1-26

  • Gebed vir hulp

    • ‘Dit was u wat ons gered het’ (7)

    • Soos “skape wat geslag moet word” (22)

    • “Staan tog op as ons helper!” (26)

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ Maskil.* 44  O God, ons het met ons eie ore gehoor,ons voorvaders het vir ons vertel,+wat u in hulle tyd gedoen het,in die tyd van lank gelede.   Met u hand het u nasies verdryf+en ons voorvaders daar laat woon.+ U het nasies verslaan en hulle uitgedryf.+   Dit was nie deur hulle eie swaard dat hulle die land in besit geneem het nie,+en dit was nie hulle eie arm wat hulle laat oorwin het nie.+ Dit was eerder u regterhand en u arm+ en u goedheid,want u was lief vir hulle.+   U is my Koning, o God.+ Gee* vir Jakob ’n algehele oorwinning.*   Deur u krag sal ons ons vyande terugdryf.+ In u naam sal ons dié vertrap wat teen ons opstaan.+   Want ek vertrou nie op my boog nie,en my swaard kan my nie red nie.+   Dit was u wat ons van ons vyande gered het,+u wat die mense wat ons haat, verneder het.   O God, ons sal u die hele dag lank loof,en ons sal u naam vir ewig prys. (Sela)   Maar nou het u ons verwerp en ons verneder,en u gaan nie saam met ons leërmagte uit nie. 10  U laat ons heeltyd terugtrek voor ons vyand.+ Dié wat ons haat, neem wat hulle ook al wil. 11  U lewer ons oor om soos skape verslind te word. U het ons onder die nasies verstrooi.+ 12  U verkoop u volk vir byna niks.+ U maak geen wins uit die verkoopprys nie. 13  U maak ons ’n bespotting vir ons bure. Almal om ons spot met ons en lag ons uit. 14  U maak ons ’n bespotting* onder die nasies,+iets waarvoor die volke hulle koppe skud. 15  Ek voel die hele dag lank vernederd,en ek is oorweldig deur my skande, 16  as gevolg van die geluid van hulle bespotting en beledigings,as gevolg van ons vyand wat wraak neem. 17  Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons u nie vergeet nie,en ons het u verbond nie verbreek nie.+ 18  Ons hart het nie afgewyk nie. Ons voetstappe dwaal nie van u pad af nie. 19  Maar u het ons verpletter op die plek waar die jakkalse woon. U het ons met diep skaduwee bedek. 20  As ons die naam van ons God vergeet het,of as ons ons hande in ’n gebed aan ’n vreemde god uitgestrek het, 21  sal God dit nie uitvind nie? Hy is bewus van die geheime van die hart.+ 22  Omdat ons u volk is, word ons die hele dag lank doodgemaak. Ons word beskou as skape wat geslag moet word.+ 23  Staan tog op. Hoekom bly u slaap, o Jehovah?+ Word tog wakker! Moet ons nie vir ewig verwerp nie.+ 24  Hoekom draai u u gesig weg? Hoekom vergeet u dat ons swaarkry en onderdruk word? 25  Want ons is na die stof afgebring. Ons liggame is teen die grond vasgedruk.+ 26  Staan tog op as ons helper!+ Red* ons as gevolg van u lojale liefde.+

Voetnote

Lett. “Beveel”.
Of “groot redding”.
Lett. “’n spreekwoord”.
Lett. “Verlos”.