Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die perd se been

Die perd se been

’N PERD (Equus caballus) kan teen ’n spoed van tot 50 kilometer per uur galop. Hoewel baie meganiese werk daarby betrokke is om te galop, word betreklik min energie gebruik. Hoe is dit moontlik? Die geheim lê in die perd se bene.

Dink aan wat gebeur wanneer ’n perd galop. ’n Veerkragtige spier-en-sening-eenheid in die perd se been absorbeer energie wanneer die hoef die grond tref en stuur dan, amper soos ’n veer, die energie terug, wat die perd vorentoe dryf.

Wat meer is, wanneer ’n perd galop, vibreer sy bene teen hoë frekwensies wat die senings kan beseer. Maar die spiere in die bene dien as dempers. Volgens navorsers het die perd se been ’n “hoogs gespesialiseerde spier-en-sening-ontwerp” wat ratsheid sowel as krag verleen.

Ingenieurs probeer die ontwerp van die perd se been naboots sodat hulle dit in robotte met vier bene kan gebruik. Maar volgens die Biomimetiese Robotika-laboratorium van die Massachusetts-instituut vir Tegnologie kan hierdie ingewikkelde ontwerp nie maklik nageboots word met die materiale en ingenieurskennis wat nou beskikbaar is nie.

Wat dink jy? Het die perd se been deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?