Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HULP VIR DIÉ WAT TREUR

Wanneer ’n geliefde sterf

Wanneer ’n geliefde sterf

“Ek en Sophia * was oor die 39 jaar getroud. Sy was vir ’n lang tyd baie siek en is uiteindelik oorlede. My vriende was altyd daar vir my, en ek het seker gemaak dat ek besig bly. Maar vir die eerste jaar het dit gevoel asof ek middeldeur geskeur is. Dit was asof ek geen beheer oor my emosies gehad het nie. Sy is nou al amper drie jaar dood. En soms tref dit my uit die bloute uit, en dan voel ek weer baie hartseer.” — Kostas.

Het jy al iemand wat jy liefhet, aan die dood verloor? As jy het, voel jy dalk net soos Kostas. Navorsing wys dat daar min dinge is wat soveel stres of hartseer veroorsaak soos die dood van ’n huweliksmaat, familielid of goeie vriend. “Baie mense voel dat hulle die persoon vir ewig verloor het, en dit veroorsaak verskriklike pyn”, sê ’n artikel in die tydskrif The American Journal of Psychiatry. Iemand wat hierdie pyn en hartseer ervaar, wonder dalk: ‘Hoe lank gaan ek nog so voel? Sal ek ooit weer gelukkig wees? Wat kan my help?’

In hierdie Ontwaak! sal ons die antwoorde op hierdie vrae kry. Die volgende artikel bespreek wat jy dalk kan verwag as jy onlangs iemand aan die dood verloor het. Die artikels daarna sal jou wys wat jy kan doen om die pyn en hartseer te hanteer.

Ons hoop regtig dat hierdie tydskrif almal sal vertroos en help wat iemand aan die dood verloor het.

^ par. 3 Van die name in hierdie tydskrif is verander.