Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Profesie 2. Hongersnood

Profesie 2. Hongersnood

Profesie 2. Hongersnood

“Daar sal voedseltekorte wees.”—MARKUS 13:8.

● ’n Man soek toevlug in die dorpie, Quaratadji, Niger. Die man se neefs, niggies, broers en susters het ook van die binneland gekom in ’n poging om van die hongersnood te ontsnap. Maar die man lê alleen op ’n mat op die grond. Waarom is hy alleen? “Hy kan nie aan [sy familie] kos voorsien nie en kan hulle nie meer in die oë kyk nie”, verduidelik Sidi, die hoofman van die dorp.

WAT TOON DIE FEITE? Wêreldwyd kry byna 1 uit 7 mense elke dag nie genoeg om te eet nie. Die situasie is erger in Afrika suid van die Sahara, waar 1 uit 3 as chronies honger beskou word. Om hierdie syfer in perspektief te plaas, stel jou ’n gesin voor wat uit ’n pa, ’n ma en ’n baba bestaan. As daar net genoeg kos vir twee van hulle is, wie sal honger bly? Die pa? die ma? die baba? Dit is die keuse waarvoor sulke gesinne daagliks te staan kom.

WAT IS ’N ALGEMENE BESWAAR? Die aarde produseer meer as genoeg kos vir almal. Die aarde se hulpbronne moet net beter bestuur word.

IS DIT ’N GELDIGE BESWAAR? Boere kan weliswaar meer kos as ooit tevore produseer en vervoer. Ideaal gesien behoort menseregerings die aarde se voedselvoorraad so te kan bestuur dat die probleem van hongersnood opgelos word. Maar selfs nadat hulle dekades lank probeer het, kon hulle dit nog nie regkry nie.

WAT DINK JY? Word Markus 13:8 vervul? Word die mensdom, ondanks vooruitgang in die tegnologie, op ’n wêreldskaal deur voedseltekorte geteister?

Aardbewings en hongersnood is dikwels voorlopers van probleme wat ontstaan uit ’n ander aspek van die teken van die laaste dae.

[Lokteks op bladsy 5]

“Meer as ’n derde van kinders wat aan longontsteking, diarree en ander siektes sterf, kon oorleef het as hulle nie ondervoed was nie.”—ANN M. VENEMAN, VOORMALIGE UITVOERENDE DIREKTEUR VAN DIE VN SE KINDERFONDS.

[Foto-erkenning op bladsy 5]

© Paul Lowe/Panos Pictures