Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Is die Bybel werklik God se Woord?

’n Mens verwag dat God se Woord uniek sal wees, en die Bybel is uniek. Miljarde eksemplare daarvan is al in honderde tale gedruk. Die wysheid in die Bybel het die krag om mense ten goede te verander.—Lees 1 Tessalonisense 2:13; 2 Timoteus 3:16.

Ons weet dat die Bybel van God af kom omdat dit die toekoms akkuraat voorspel. Geen mens kan dit alleen doen nie. Neem byvoorbeeld die boek Jesaja. ’n Afskrif daarvan wat meer as ’n eeu voor Jesus se geboorte gemaak is, is in ’n grot naby die Dooie See gevind. Dit sê dat Babilon ’n onbewoonde stad sou word. Dit is eers baie jare Jesus se aardse bediening vervul.—Lees Jesaja 13:19, 20; 2 Petrus 1:20, 21.

Hoe is die Bybel geskryf?

Die Bybel is oor ’n tydperk van sowat 1 600 jaar geskryf. Daar was omtrent 40 Bybelskrywers, en hulle het een tema gevolg sonder om mekaar te weerspreek. Hoe was dit moontlik? God het hulle gerig.—Lees 2 Samuel 23:2.

Soms het God deur middel van engele, visioene of drome met Bybelskrywers gepraat. Gewoonlik het God sy gedagtes in die verstand van die skrywer geplaas en hom dan toegelaat om te kies watter woorde hy wou gebruik om God se boodskap oor te dra.—Lees Openbaring 1:1; 21:3-5.