Spring na inhoud

JONGMENSE VRA

Hoe kan die Bybel my help? — Deel 1: Leer ken jou Bybel

Hoe kan die Bybel my help? — Deel 1: Leer ken jou Bybel

 “Ek het probeer om die Bybel te lees, maar wanneer ek sien hoe lank dit is, sien ek nie kans nie!” — Briana, 15.

 Voel jy ook so? Hierdie artikel kan jou help!

 Hoekom moet ek die Bybel lees?

 Klink dit vir jou vervelig om die Bybel te lees? ’n Mens kan verstaan as jy so voel. Jy dink dalk aan die Bybel as ’n boek met meer as ’n duisend bladsye vol klein lettertjies en met geen prentjies nie. Dit staan nie ’n kans teen die TV en video’s nie!

 Maar dink so daaraan: As jy ’n groot ou skatkis kry, sal jy nie nuuskierig wees om uit te vind wat binne-in is nie?

 Die Bybel is net soos ’n skatkis. Dit bevat baie skatte van wysheid wat jou sal help om

  •   Goeie besluite te maak

  •   Met jou ouers oor die weg te kom

  •   Die regte soort vriende te maak

  •   Stres te hanteer

 Hoe kan so ’n ou boek nog prakties wees in ons dag? Omdat ‘die hele Skrif deur God geïnspireer is’ (2 Timoteus 3:16). Dit beteken dat die raad in die Bybel van die beste Bron moontlik kom.

Die Bybel is ’n skatkis wat baie skatte van wysheid bevat

 Hoe moet ek die Bybel lees?

 Een manier is om die Bybel van voor tot agter te lees. Dit sal jou help om te sien wat die Bybel se boodskap is. Daar is baie maniere om die Bybel te lees. Kyk na twee voorbeelde:

  •    Jy kan die 66 Bybelboeke in die volgorde lees waarin hulle verskyn, van Genesis tot Openbaring.

  •    Jy kan die Bybel in chronologiese volgorde lees. Met ander woorde in die volgorde waarin die gebeure regtig plaasgevind het.

 Wenk: Aanhangsel A7 in die Nuwe Wêreld-vertaling gee ’n chronologiese lys van die belangrikste gebeurtenisse van Jesus se lewe op die aarde.

 ’n Tweede manier om die Bybel te lees, is om ’n gedeelte te kies wat jou kan help met die uitdaging waarmee jy sukkel. Byvoorbeeld:

 Wenk: Wanneer jy die Bybel lees, maak seker dat dit stil is sodat jy kan konsentreer.

 ’n Derde manier om die Bybel te lees, is om ’n gedeelte of ’n psalm te kies, dit te lees en dan te sien hoe jy dit in jou lewe kan toepas. Nadat jy gelees het, vra jouself vrae soos die volgende:

  •    Hoekom het Jehovah dit in die Bybel ingesluit?

  •    Wat leer dit ons oor Jehovah se persoonlikheid en die manier waarop hy dinge doen?

  •    Hoe kan ek hierdie inligting in my lewe toepas?

 Wenk: Stel ’n doelwit! Skryf ’n datum neer wanneer jy graag met jou program van Bybellees wil begin.