Spring na inhoud

JONGMENSE VRA

Hoekom vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon?

Hoekom vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon?

 Twee keer ’n week hou Jehovah se Getuies vergaderinge by hulle plek van aanbidding, wat Koninkryksale genoem word. Wat gebeur daar, en watter voordele hou dit vir jou in?

 Wat gebeur by ’n Koninkryksaal?

 Die Koninkryksaal is ’n plek waar ons praktiese Bybellesse leer. Die vergaderinge wat daar gehou word, kan jou help om:

  •   die waarheid oor God te leer.

  •   te verstaan hoekom sekere dinge in die wêreld gebeur.

  •   ’n beter persoon te word.

  •    die beste soort vriende te maak.

 Het jy geweet? Die plek waar Jehovah se Getuies bymekaarkom, word ’n Koninkryksaal genoem, want God se Koninkryk word baie daar bespreek. — Matteus 6:9, 10; 24:14; Lukas 4:43.

 Hoekom moet jy vergaderinge bywoon?

 Die inligting sal jou help. Die Bybelwaarhede wat by die vergaderinge van Jehovah se Getuies bespreek word, sal jou help om “wysheid” te kry (Spreuke 4:5). Dit beteken dat die Bybel jou kan help om goeie besluite in die lewe te maak. Dit kan jou ook help om antwoorde op die lewe se belangrikste vrae te kry. Vrae soos:

 Hier is net ’n paar titels van toesprake wat oor die naweek by ons vergaderinge bespreek word:

  •   Waarom moet jy jou deur die Bybel laat rig?

  •   Waar kan jy hulp vind in tye van benoudheid?

  •   Wat God se Koninkryk nou vir ons doen.

 “’n Klasmaat het een van ons vergaderinge bygewoon. Hy het saam met ons familie gesit, en ons het ons boeke met hom gedeel. Ná die tyd het hy my vertel dat hy baie beïndruk was met die antwoorde wat mense gedurende die vergadering gegee het. Hy het ook gesê dat sy kerk nie boeke het wat hulle kan studeer, soos ons nie.” — Brenda.

 Het jy geweet? Daar word nie geld gevra om die vergaderinge by te woon nie, en daar word ook nie enige kollektes opgeneem nie.

 Jy sal aangemoedig word. Die Bybel sê dat Christene bymekaar moet kom om ‘mekaar aan te moedig’ (Hebreërs 10:24, 25). Goeie assosiasie met mense wat God en ander eerste stel, gee ons nuwe krag in hierdie wêreld wat so selfsugtig is.

 “Ná ’n lang dag is ek soms hartseer en doodmoeg, maar die mense by die Koninkryksaal laat my altyd beter voel. Ná die vergadering is ek weer gelukkig en reg om nog ’n dag aan te vat.” — Elisa.

 Het jy geweet? Daar is meer as 120 000 gemeentes van Jehovah se Getuies regoor die wêreld, wat by meer as 60 000 plekke bymekaarkom. Daar word elke jaar gemiddeld 1 500 Koninkryksale gebou omdat al hoe meer mense die vergaderinge bywoon. a

a Om ’n vergadering naby jou te kry, gaan na die blad “Gemeentelike vergaderinge van Jehovah se Getuies” en klik op “Soek na ’n vergadering naby jou”.